Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Innibos
Innibos Digitaal help kunstenaars met ’n inkomste

Terwyl die Standard Bank Innibos Kunstefees in Mbombela tot Desember uitgestel is, hou dié fees in Junie ’n digitale kunstefees om kunstenaars se inkomste aan te vul.

Innibos Digitaal bestaan meestal uit argiefproduksies, maar ook ’n debuuttoneelstuk.

Tobie Cronjé in die toneelstuk ‘Leengoed’.

Leengoed, ’n komediedrama met Tobie Cronjé en Wynand van Vollenstee, word vir die eerste keer aanlyn aangebied, waarna dit op die fees in Desember die eerste keer op die planke sal wees.

Die argiefproduksies sluit in Chris Vorster se toneelstuk Manne, People Are Living There deur Athol Fugard en Stef Bos se musiekkonsert Bos innie Bos.

“Mense benodig hul fees-fix,” sê Sandra Jacobs, media- en bemarkingsbestuurder van Innibos, nadat verskeie feeste weens die Covid-19-pandemie gekanselleer is.

Die sowat 20 produksies op Innibos Digitaal kan van 26 Junie tot Desember bespreek en gekyk word.

“Jy bespreek ’n kaartjie op Computicket, waarna ’n skakel aan jou gestuur word,” sê Jacobs.

“Jy sal 48 uur hê om daarna te kyk, maar jy kan tot in Desember konserte bespreek en aanlyn kyk. Jy hoef nie alles in een naweek te kyk nie. Die produksies word op dieselfde platform as Afrikaans is Groot se digitale konserte aangebied.”

Innibos Digitaal begin op 26 Junie.

Innibos neem 5% van die kaartjieverkope, terwyl die res daarvan kunstenaars finansieel bystaan.

“My hart is baie seer oor soveel feeste wat gekanselleer is. Ek wonder net hoe ’n kunstenaar moet voel. Lewendige teater, en die gevoel daarvan, kan nie vervang word nie, maar hierdie is ’n manier om vir die kunstenaars ’n inkomste te skep.”

Leengoed word eersdaags opgeneem. Nuwe opnames word in samewerking met Coleske Kunstenaars en MGG Produksies gedoen.

Benewens toneel, sluit die program die JacarandaFM-konsert en die kykNet-Verjaardagkonsert in wat verlede jaar op die Innibos-feesterrein aangebied is.

Die kykNet-Verjaardagkonsert het ’n Fiësta-teaterpys gewen vir die beste opelug-musiekproduksie landwyd.

Die digitale fees begin met ’n virtuele prysuitdeling van die Innibos Nasionale Kunshandwerkkompetisie met prysgeld van R100 000.

Kaartjies is van 15 Junie beskikbaar.

“Ons is in gevorderde stadium met die feesprogram vir Desember,” sê Jacobs.

“Dit sal eers ná die digitale fees aangekondig word, maar kaartjieverkope open op 1 Augustus.”

* Die Standard Bank Innibos Kunstefees word voorlopig van 10 tot 13 Desember in Mbombela aangebied, maar aankondigings oor die staat van inperking word in ag geneem.

Innibos se hoofverhoog.
Meer oor:  Standard Bank Innibos Kunstefees  |  Sandra Jacobs  |  Mbombela  |  Teater  |  Feeste  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.