Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Innibos
Innibos wink vir Annemarie van der Walt

Soebatsfontein praat oor ware vriendskap tussen vroue - "soveel anders as tussen mans" - en die kontras tussen vryheid en ingeperktheid.

Sandra Prinsloo

Dit is ook nie om dowe neute dat dié debuut- en opdragproduksie by die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees in Mbombela juis in Soebatsfontein in die Noord-Kaap afspeel nie.

Die rede daarvoor kan egter nog nie verklap word nie, sê die teksskrywer Annemarie van der Walt, ook bekend as rubriekskrywer in Beeld, oor ook haar debuut as dramaturg.

Twee vriendinne, vertolk deur Sandra Prinsloo en Franci Swanepoel, is op reis in die Noord-Kaap. Soos wat hulle ry, duik ’n paar kwessies op en “dalk ’n geheim of twee”.

Die produksie, wat ook later vanjaar by die Vrystaat Kunstefees op die planke is, word in drie dele met regie deur Philip Rademeyer uitgebeeld, waarvan die derde, in ’n hotelkamer, die duidelikste belig word.

“Ware vriendskap is ’n baie diep ding,” sê Van der Walt. “Met vroue is dit baie emosioneel verweef. Lojaal, maar daar kan ook irritasie ontstaan. Die stuk raak ’n paar ernstige kwessies aan.”

Franci Swanepoel

Soos wat Van der Walt hoë agting vir Prinsloo en Swanepoel het, het Rademeyer die geleentheid aangegryp om saam met hulle te werk en die teks na die verhoog te bring.

“Die storie val ook in by die soort werk wat ek graag doen: Stukke wat intiem is en oor menseverhoudings gaan,” sê Rademeyer.

In teenstelling met die toneel in die hotelkamer word die eerste twee dele nie so letterlik uitgebeeld nie.

“Dit is juis om daardie kontras tussen vryheid en om ingehok te wees uit te beeld. Die karakters is toegesluit in die hotelkamer. Dit is vir my belangrik om die hotelkamer, ’n ou vervalle gebou, goed uit te beeld. Dit is dan in kontras met die vryheid wat in die ander twee tonele uitgebeeld word.”

* Dit word opgevoer in die Laerskool Nelspruit-saal op 27 en 30 Junie om 10:00, 28 Junie om 19:00 en op 29 Junie om 18:00. Kaartjie kos R142. Bespreek by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.