Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Innibos
‘La Bohème’ 1ste opera ooit by Innibos
Jose Dias

Die eerste opera tot nog toe maak sy buiging op die Innibosfees in Mpumalanga en dit boonop met buitelandse sangers in die hoofrolle.

Magdalene Minnaar is die dryfgees agter die projek, ’n operasanger met ’n sterk entrepreneuriese streep en vir dié opera, die gewilde La Bohème van Puccini, ook die regisseur.

Celeste Morales van New York sal die rol van Mimì vertolk en Glenn Seven Allen van haar minnaar, Rodolfo.

Suid-Afrikaanse sangers vul die res van die rolverdeling – Annemarie Steenkamp (Musetta), Solly Motaung (Marcello), Conroy Scott (Colline), Corniël Calitz (Schaunard) en Daniël Verster (Alcindoro). Nog goeie nuus is dat ’n plaaslike koor, die Sempre Vino van Mbombela, ook ingespan word.

Celeste Moralesvertolk Mimì in La Bohème.

’n Klavier staan in vir die orkes, met José Dias wat die rol van pianis en as musiekregisseur vervul.

Die verhaal van La Bohème is ná langer as ’n eeu steeds ’n treffer. Dit handel oor ’n groep boheemse kunstenaars met groot drome en bitter min besittings plus die onstuimige liefdesverhaal van die digter Rodolfo en die naaldwerkster Mimì.

Minnaar sê dit is nie net die teks wat die opera so ’n lang rakleeftyd gee nie, dit is ook die komponis Giacomo Puccini se “meesterlike kennis van menslike emosies wat hy in onvergeetlike melodieë en passievolle musikale lyne” weergee.

Allen is benewens ’n operasanger wat oor die VSA heen optree, ’n akteur wat gereeld op Broadway en off-Broadway gesien word. Daarby is hy deesdae ’n dosent in toneelkuns aan die bekende Yale-dramaskool.

Magdalene Minnaar is die regisseur.

* 29 Junie om 18:00, 30 Junie om 12:00 in die Mbombela-stadsteater. Die kaartjies kos R142.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.