Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Innibos
Liewe Heksie toor op Innibos Digitaal
Anmari van Achterbergh

Die laaste storie wat Verna Vels in haar gewilde reeks Liewe Heksie geskryf het, is tot 31 Julie op Innibos Digitaal beskikbaar.

Liewe Heksie en die tuindwergie is vir Lefra Produksies geskryf en dit word nou digitaal opgevoer.

Vels is in 2014 aan kanker dood.

Innibos Digitaal word deur die Standard Bank Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees in Mbombela aangebied nadat die kunstefees weens die Covid-19-pandemie tot Desember uitgestel is. Dit bestaan uit verskeie toneel- en musiekproduksies uit Innibos se argief.

Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksies, het voorheen as kameraman by die SAUK gewerk. Hy was ook ’n kameraman op die televisiereeks Liewe Heksie.

Daar het hy en Vels mekaar ontmoet.

“Sy was die wonderlikste en mees kreatiewe mens,” sê Swart.

“Sy was bereid om al haar kennis as skrywer vir kinders met my te deel en vir my ook te leer om vir kinders te skryf. Ek was verantwoordelik vir ’n hele aantal Wielie Walie-tekste, daarna het Vuurhoutjieland gevolg, Siembamba en so het ek ook my eerste kinderboek, Blouvlam die draak onder Verna se bekwame oog geskryf.”

Verna Vels
Frans Swart en Verna Vels.
Verna Vels
Frans Swart en Verna Vels.

Liewe Heksie het in boeke, op radio en op televisie gestalte gekry.

Liewe Heksie, wat op die “42ste April” verjaar, weet nie van groot woorde nie en sy sukkel om te toor, maar sy is gelukkig om Blommie Kabouter en Matewis die kat in haar lewe te hê.

Maar wanneer Casper die tuindwerg op ’n dag in Heksie se tuin wakker word, is daar groot drama. Want wie is dit agter daardie boom? Kan dit ’n stoute Gifappeltjie wees?

Anmari van Achterbergh vertolk die rol van Liewe Heksie. Die ander spelers is Botha Enslin (Mattewis, Kwaaitjie Kabouter, die Geelheks, Borrie die gifappeltjie, Griet, Karel Kat en Koning Rosekrans), Debrè Opperman (Blommie, Kerrie die gifappeltjie en Koning Rosekrans), Phillru van Achterbergh (Casper die tuindwergie, ’n gifappeltjie en Klein Kwaaitjie).

• Kaartjies is beskikbaar by Computicket en kos R50. Die skakel sal vir 72 uur nadat jy bespreek het aktief wees. • Liewe Heksie en die tuindwergie word met die ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wyne, Renegades Removals, Ambassador Execudrive en Savvy Holdings aangebied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.