Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Innibos
Raak ‘bossies’ op Innibos-kunstefees in die Laeveld

Dit gaan “bos” raak in Mbombela wanneer ’n musiekbeweging van 40 jaar gelede nuwe lewe kry en ’n musiekblyspel en konserte in die Sudwala-grotte van 26 tot 29 Junie musiekverhoë op die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees tref.

* Musiek en liriek – 40 is ’n produksie deur die sanger en liedjieskrywer Anton Goosen, wat ook vroeër vanjaar ’n reeks op RSG oor die destydse musiekbeweging saam met Lise Swart aangebied het.

Anton Goosen
Steffie le Roux

Kunstenaars soos Jannie du Toit, Coenie de Villiers, wat destyds by die beweging betrokke was, tree in die produksie op. Die ander musikante is Steffie le Roux en Schalk Joubert op baskitaar en die kitaarmaestro Mauritz Lotz en die tjellis Susan Mouton.

In Maart 1979 het ’n groep mense besluit om oorspronklike Afrikaanse musiek te skep. Dit het ’n televisieprogram, verhoogvertonings en ’n hele nuwe beweging in die Afrikaanse musiekbedryf teweeggebring.

Musiek en Liriek – 40 word in die ouditorium van die Hoërskool Nelspruit aangebied.

Vertonings is op 26 Junie om 18:00, op 27 Junie om 11:00, op 28 Junie om 16:00 en op 29 Junie om 09:00.

* Eggo’s in die grotte is ’n konsert waarin André Schwartz, Chris Chameleon, Demi Lee Moore en CH2 onder regie van Corneile Hutten in die Sudwala-grotte buite Mbombela optree.

Musiek by Innibos
André Schwartz Foto: Elizabeth Sejake

Moore, die eerste wenner van die Via-werklikheidsreeks Die Kontrak, tree vir die eerste keer in die Laeveld op.

Die konsert begin op 28 Junie om 18:00 en duur 80 minute. Kaartjies kos R152.

* CH3, bestaande uit CH2 (Corneille Hutten en Dirkie van Staden) en Chris Chameleon, tree ook in die Sudwala-grotte op.

Chameleon se unieke stemgebruik word gekombineer met die kitaarspel van CH2 se fusion-styl met Spaans-Latynse Afrika-ritmes.

Hul vertonings is op 26 Junie en 27 Junie om 18:00. Die konsert sal 75 minute duur en kaartjies kos R142.

* In die musiekspel The Buddy Holly Story vertolk Brendan Peyper die rol van die sanger Buddy Holly, wat op 22-jarige ouderdom in ’n vliegongeluk dood is, maar reeds trefferliedjies soos “Peggy Sue”, “That’ll be the Day”, “Oh Boy”, “Maybe Baby”, “True Love Ways” en “Heartbeat” geskryf het.

Die anders speler is Andile Magxaki, Ayanda Sibisi, Donae Brazer, Etienne du Plessis, Hugh Becker, Jaco Cilliers, Malcolm Gooding, Mortimer Williams en Simeon Hamman. Jaconell Mouton is die musiekregisseur.

Richard van der Westhuizen

Vertonings is op 25 Junie om 18:00, op 26 Junie om 10:00, op 27 Junie om 18:00 en op 28 Junie om 09:00 in die ouditorium van die Hoërskool Nelspruit.

Dit sal 140 minute duur en die kaartjies kos R152.

* In Tweespoor span Richard van der Westhuizen, Steffie le Roux, Andrew Roos, Mariëtte Galjaard en Izelle Claassen hul kragte saam. Van der Westhuizen en Le Roux stap in spore wat lei na die mooiste stories soos nét oorvertel kan word deur hierdie twee talentvolle musiekkunstenaars.

In hierdie nuwe produksie word musiek en liriek bymekaargebring met die trefkrag in die eenvoud daarvan. Warmte, hartlikheid en eerlikheid is die kenmerke van sowel Richard en Steffi se werk; presies waarna ’n mens se siel soms so verlang. Hul repertorium bestaan uit liedjies soos “Wag nog ? Bietjie”, “Hier waar jy hoort”, “Tweemantent”, “Tussen treine” en “Dans in die reën”.

Vertonings in Church Unlimited is op 26 Junie om 12:00, 27 Junie om 18:00, 28 Junie om 10:00 en 29 Junie om 14:00. Dit duur 80 minute en kaartjies kos R142.

* Alle konserte kan by Computicket bespreek word.

Meer oor:  Musiek  |  Mbombela  |  Anton Goosen  |  Coenie De Villiers  |  Innibos  |  Jannie Du Toit  |  André Schwartz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.