Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Innibos
Dié wag klets met winkelpop by Innibos

Met ’n teks waarin hy die naaste tot dusver aan ’n donker komedie kom en ’n bruilof vol krisisse én avonture wat boonop in ’n troulokaal opgevoer word, word twee debuutproduksies deur die dramaturg Retief Scholtz vanjaar by die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees in Mbombela aangebied.

Retief Scholtz Foto: Dewet van Rooyen
Melt Sieberhagen
Melt Sieberhagen in Nagskofkliek. Foto: Johan Prinsloo

Die fees duur van 26 tot 29 Junie.

Albert Pretorius
Albert Pretorius in Nagskofkliek. Foto: Johan Prinsloo

Buiten Nagskofkliek en Be(t)roudag word sy toneelstuk Die voordele van eierwit met Margit Meyer-Rödenbeck en Marion Holm, wat tydens die KKNK gedebuteer het, ook hier opgevoer.

Nagskofkliek deur Retief Scholtz debuteer tydens die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees.

Scholtz is ook die vervaardiger van Nagskofkliek.

“Dit is ’n teks wat ek al ’n paar jaar gelede geskryf het en by die teksmark in Kaapstad voorgelê het. Philna Scholtz (van die Innibos-feeskomitee) het vir my gesê dat sy die teks se voorlesing gehoor het.”

Nicola HanekomFoto: Jaco Marais
Chris van NiekerkFoto: Madré Marais

Dit was kort nadat Retief se debuuttoneelstuk Dop die eerste keer opgevoer is.

“Philna het gevra of ek die teks vir hulle kan stuur. Toe sê ek vir haar ek sal graag wil, maar ek het intussen nog gedagtes vir die teks gekry en dinge aangepas. Kan ek dit (basies) oorskryf en dan aanstuur? Sy het gesê dis reg. Sy het gevra wie die vervaardiger sal wees en ek reken toe dis sommer ook tyd om dit vir die eerste keer aan te durf.”

In Nagskofkliek maak die komediant Melt Sieberhagen sy terugkeer na die verhoog en speel teenoor Albert Pretorius.

Sieberhagen vertolk die rol van Hans Gouws, ’n veiligheidswag, wat sy agtste agtereenvolgende Paasnaweek aan diens by We Crate You Up Storage Solutions deurbring.

Dit pla hom nie en hy gesels land en sand met die winkelpop in die hoek.

Dan verskyn Man, die nog donkerder karakter wat Pretorius vertolk.

“Daar is baie lekker, ligte oomblikke, maar ek dink miskien dis die donkerste wat ek nog met ’n tema te werk gegaan het,” sê Scholtz.

“Dit begin lekker lig. Daar’s lekker punchy oomblikke. Ek het Melt onlangs in die fliek Liewe Kersfeesvader gesien in ’n kleiner rol, maar hy het dit so fantasties vertolk, met deernis en ’n unieke aanslag. Daar is baie meer in Melt as net die skerp humorsin.”

Etienne Fourie, toevallig ook die skrywer en regisseur van Liewe Kersfeesvader, is die regisseur en stelontwerper van Nagskofkliek.

Fourie het ook saam met Scholtz die teks van Be(t)roudag geskryf, waarvan André Odendaal die regie doen.

Dié produksie is die breinkind van Adriaan van As en Francois Jacobs van Rubberarm Produksies.

Nicola Hanekom, Chris van Niekerk, Pulane Sekepe, Wilhelm van der Walt, Amalia Uys en Adriaan van As tree hierin op.

Op ’n troudag duik baie krisisse op – sommige sommer gelyktydig in hierdie storie waar die absurde en donker kant van die lewe mekaar afwissel.

“Dit is eintlik vier stukke in een,” sê Scholtz.

“Elkeen het ’n eie avontuur. Oplaas moet daar tog ’n einde wees wat vir almal sin maak en dis nogal ’n uitdaging. Die lokaal is ’n splinternuwe trouvenue. Dit is die enigste stuk wat hier opgevoer word. Die gehoor word ook gaste en jy sien hoe dit uit hul oogpunt afspeel.”

Die lokaal is Christie’s at 32 on Russell, Mbombela.

“Dis vir my heerlik om te vervaardig,” sê Scholtz, “want jy is soveel langer by ’n projek betrokke, maar jy sien ook amper hoe die woorde stadig maar seker lewe kry, waar jy as teksskrywer gewoonlik oorgee en vertrou. Dis vir my lekker om aan albei kante te wees.”

*Vertonings van Nagskofkliek is op 26 Junie om 10:00, 27 Junie om 16:00, 28 Junie om 09:00 en 29 Junie om 14:00 by die Laeveld Laerskool.

Dit het ’n ouderdomsbeperking van 13 en duur 70 minute.

Kaartjies kos R142. Bespreek by Computicket.

*Vertonings van Be(t)roudag is op 26 Junie om 17:00, 27 Junie om 09:00, 28 Junie om 16:00 en 29 Junie om 10:00 en 15:00.

Dit het ’n ouderdomsbeperking van 14 en duur twee ure.

*Vertonings van Die voordele van eierwit is op 27 Junie om 19:00, 28 Junie om 09:00 en 29 Junie om 14:00 by Bergland Laerskool.

Dit het ’n ouderdomsbeperking van 10 en duur 75 minute.

Kaartjies kos R142. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Innibos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.