Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Innibos
Schalk en Lizz sal jou laat lag Innibos

Wanneer laas het jy lekker gelag?

Innibos bied aan feesgangers presies dit en boonop in oormaat met Lizz Meiring, Wynand von Vollenstee en Schalk Bezuidenhout in eenvrou- en eenmansvertonings op die fees, wat op 27 Junie begin.

Lizz Meiring is vanjaar op Innibos te sien met haar eenvrouvertoning Met ander woorde.

Meiring is te sien in Met ander woorde, waarin sy ’n versameling sketse, stories en vertellings uit haar eie pen deel. Met 34 jaar ondervinding in die teater- en TV-bedryf weet sy presies hoe om die gehoor as’t ware in die palm van haar hand te hou.

Met haar vlymskerp woordspelings wys sy hoe soepel – en soms heerlik dubbelsinnig – Afrikaans kán wees. Daar is komedie, ironie en satire en in hoe sy alledaagse dinge en situasies so onder woorde bring dat dit die ongewone belig.

Wie is nie soms radeloos met die vet­jies wat aanpak en net nie afgeskud kan word nie? Von Vollenstee wys in ’n Gewigtige saak hoe in besonder ekstragroot mans hul draaie moet kry in ’n wêreld wat maar knap is. Selfs al moes jy nog nooit ’n kilo­joule tel nie, sal jy kan vereenselwig met die struikelblokke wat oorkom moet word, want eindelik gaan dit maar oor die stryd wat elkeen met sy eie menswees en die samelewing moet pak – en dit word skreeusnaaks vertel.

Bezuidenhout, een van die bedrywigste komediante in die land, het die laaste paar jaar gehore behoorlik laat regop sit met sy skerp sosiale kommentaar. In Snorseun, sy jongste vertoning, is daar hope nuwe materiaal oor die land waarin ons woon en die aardige mense wat soms teëgekom word. En ja, soms is Bezuidenhout pure opstoker en maak mense warm onder die (truitjie)-kraag, maar lag sal jy lag. Bezuidenhout se boek, Truitjie roer my nie, word ook op Donderdag 28 Junie 15:00 bekend gestel ten tyde van die Netwerk24-gesprekreeks met Ivor Price by die ATKV-Boeke-oase in die kultuursentrum by die Hoërskool Nelspruit.

  • Die volledige Innibos-program is op innibos.co.za beskikbaar en kaartjies is by Computicket te koop.
Meer oor:  Innibos  |  Schalk Bezuidenhout  |  Lizz Meiring  |  Verhoogstuk  |  Vermaak  |  Feeste  |  Komedie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.