SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Innibos
Talle debuut-produksies op Innibos
De Klerk Oelofse Foto: Jaco Marais

Die gebeure in die kleedkamer voor die laaste vertoning op ’n kunstefees, twee vriendinne op ’n padreis, drie susters en teenpole wat mekaar in ’n verhouding lok, kenmerk die vier debuutproduksies wat vanjaar op die Innibos Nasionale Laeveld-kunstefees in Mbombela aangebied word.

Die fees word vanjaar van 27 tot 30 Junie aangebied.

Sandra Prinsloo

Die produksies is Kleedkamer blues met onder andere De Klerk Oelofse en Wessel Pretorius en Marthinus Basson as regisseur; Soebatsfontein met Sandra Prinsloo en Franci Swanepoel in ’n drama oor twee vriendinne op ’n padreis, 3 Susters met Nicole Holm, Margit Meyer-Rödenbeck en Lizz Meiring wat deur die slaggate en mynvelde van vrou-, dogter- en ma-wees reis, en die komedie Antie Pohl. Dié stuk handel oor teenpole wat mekaar aantrek en Sorina Erasmus en Cobus Venter speel daarin.

Ander toneelstukke wat Innibos vanjaar aanbied, is die veelbekroonde solostuk Die reuk van appels met Gideon Lombard. Dit is gegrond op wyle Mark Behr se gelyknamige roman en die stuk het vanjaar talle Fiësta-teaterpryse ontvang.

Nicole Holm Foto: Antonia Steyn

Nêrens, Noord-Kaap met De Klerk Oelofse, Geon Nel en Albert Pretorius het eweneens verskeie eerbewyse ontvang.

Op die gebied van komedie kom Manne deur Chris Vorster (ook die regisseur), Mike en Mavis met Elize Cawood en Wilson Dunster, My man se skelmpie se skelmpie se vrou en Dowwe Wicus en Dolla van der Merwe.

In nog solostukke tree Lizz Meiring op in Met ander woorde en Wynand van Vollenstee in ’n Gewigtige saak en Schalk Bezuidenhout in Snorseun.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.