Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
KKNK
2 skrywers terug in SA vir KKNK
Daniel HugoFoto: Marlene Malan

Die KKNK se boekeprogram sluit vanjaar twee Suid-Afrikaanse skrywers in wat in die buiteland woon.

Ena Jansen, wat in Nederland woon, en Eben Venter, wat in Australië woon, is aan die woord tydens die fees in Oudtshoorn, sê Daniel Hugo, wat vanjaar vir die tweede keer die KKNK se boekeprogram saamstel.

Die fees duur van Saterdag tot 15 April.

Volgens Hugo is die groot uitdaging dat die KKNK redelik vroeg in die jaar plaasvind.

“Die voorafgaande feeste bespreek reeds baie van die nuwe titels wat verskyn, maar gelukkig kry ’n mens dit elke keer weer reg om nuwe onderwerpe te vind, want uiteraard wil jy iets vars aanbied. En dis vir my lekker dat Eben Venter spesiaal uit Australië by die fees is. Ek praat spesifiek met hom oor sy boeke Wolf, Wolf en Horrelpoot. En Ena Jansen tree twee keer op. Sy praat met Hannes Venter oor haar boek Soos familie (stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste). Sy het ook die oorlogsdagboek van Anna Barry geredigeer en die historikus Herman Gillomee praat met haar daaroor.”

Ook Gillomee se outobiografie, Historikus, word op die fees bespreek.

Gillomee is een van die skrywers vir wie huldigingsetes gehou word.

Die ander twee is Peter Veldsman en Abraham H. de Vries.

“Hulle is albei Klein Karoo-skrywers, en albei in Ladismith gebore,” sê Hugo.

Talle van die skrywers op die boekeprogram neem ook meer as een keer aan verskillende gesprekke deel.

Twee gewilde genres, reisverhale en misdaadfiksie, word ook bespreek.

Twee misdaadskrywers, Chanette Paul en Deon Meyer praat op die fees met Tertius Kapp as die gespreksleier, en op die reisfront gesels Erns Grundling en Dana Snyman. Grundling se boek Elders het onlangs verskyn.

Kapp tree ook op in ’n paneelbespreking oor die publikasie van dramas in Afrikaans. Die uitgewer Nicol Stassen en die regisseur Marthinus Basson neem aan die gesprek deel.

Drie joernaliste, Marianne Thamm, Heindrich Wyngaard en Carla van der Spuy, se boeke word bespreek, terwyl Thamm ook met Deon Maas oor sy boek Melk die heilige koeie praat.

Op die gebied van poësie is drie digters ook by die fees.

Lina Spies praat oor haar jongste bundel Sulamiet, terwyl Shirmoney Rhode en Gaireyah Fredericks in die gesprek “Twee Kaapse digters” optree.

In die lug van Afrikaans wat dikwels as onder druk beskryf word, sê Hugo dit gaan goed met die Afrikaanse boekbedryf.

Talle titels verskyn en dit word terselfdertyd by ’n Afrikaanse fees bespreek.

“Daar is twee Engelse boeke wat bespreek word, maar al die gesprekke word in Afrikaans gedoen.

* Twee gesprekke vind per dag plaas om 11:00 en 14:00. Toegang is gratis.

Meer oor:  Boeke  |  Daniel Hugo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.