Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
KKNK
Afrikaanse pandemie-bundel vandag bekend gestel

Die versoek vir Afrikaanse gedigte oor die Covid-19-pandemie vir ’n bloemlesing was so oorweldigend dat nie minder nie as 142 digters se werk in Maskers en mure opgeneem is.

Die digter Daniel Hugo het ‘Maskers en mure’ saam met Francois de Jongh saamgestel. Foto: Verskaf

Dié bundel, saamgestel deur Daniel Hugo en Francois de Jongh, word Vrydag regstreeks op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se webwerf bekend gestel.

Volgens Hugo het die eerste aankondiging oor dié eerste Afrikaanse digbundel wat die pandemietyd in die wêreld se geskiedenis weerspieël, ongekende reaksie ontlok. Meer as 500 bydraes is van ongepubliseerde digters ontvang.

“Daar was daagliks ’n volgehoue stroom inskrywings van oor die hele land. Mense van alle ouderdomme en beroepe het ingeskryf. Dit was duidelik dat almal die afgelope jaar van die inperking op hul eie en unieke manier ervaar het.”

Sowat 80 gedigte is ook van gevestigde digters, onder wie Frazer Barry, Hans du Plessis, Diana Ferrus, Jaco Jacobs, Ronelda S. Kamfer, Koos Kombuis, Maretha Maartens, Bibi Slippers, Johan Jack Smith en Nathan Trantraal, ontvang.

“Niemand kyk deur presies dieselfde oë na die pandemie en die maande van afsondering nie. Elkeen het dit op hul eie manier probeer verwerk – met óf ontsteltenis, óf optimisme, óf berusting, óf humor. Ek glo die skryf van gedigte is ook ’n manier om te verstaan wat met die wêreld gebeur het.

“Ons leef almal agter maskers en mure, het min sosiale kontak en daar is ’n streep deur ons doodgewone daaglikse doen en late getrek. In dié vreemde grendeltyd het ons almal ’n behoefte daaraan om uiting aan emosies te gee. Ons het ook die behoefte om aan ons ervarings van hierdie vreesaanjaende tyd ’n duursame, kreatiewe gestalte te verleen – sodat ons nooit mag vergeet van die stryd waarin die mens en die wêreld die afgelope meer as 12 maande gewikkel is nie,” sê hy.

Volgens Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK, kan “die uitgewers Hannes Visser en Marlene Malan voorwaar trots wees op die interessante versameling stemme wat werklik die tydsgees vasvang en ’n belangrike bydrae tot ons taal en kultuur lewer”.

Dié unieke literêre en historiese dokument is deur Turksvy-publikasies en die KKNK met ondersteuning van die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport, die Afrikaanse Taal-en-kultuurvereniging (ATKV), die Jannie Mouton-stigting en Absa moontlik gemaak.

Die bekendstelling is op 11 Junie om 18:45 regstreeks op kknk.co.za. Die bundel sal daarna in die KKNK se e-handelwinkel by kknk.co.za te koop wees.

Meer oor:  Koos Kombuis  |  Bibi Slippers  |  Jaco Jacobs  |  Johan Jack Smith  |  Hans Du Plessis  |  Nathan Trantraal  |  Absa  |  Atkv  |  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Pandemie  |  Covid-19  |  Koronaviruspandemie  |  Inperking  |  Covid  |  Staat Van Inperking  |  Daniel Hugo  |  Digkuns  |  Boeke  |  Kknk  |  Feeste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.