Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
KKNK
Brett Goldin met ‘Swan Song’ gedenk

Die akteur Brett Goldin is op 16 April 2006 vermoor. Vanjaar word ’n spesiale geleentheid ter nagedagtenis aan hom by die KKNK opgevoer.

Buhle Ngaba in Swan Song.

Die aktrise en aktivis Buhle Ngaba bied haar jongste werk, The Swan Song, op die KKNK aan ter herinnering aan hom.

Ná Goldin se dood is ’n beurs in sy naam gestig om aan jong akteurs die kans te bied om ’n maand lank by die Royal Shakespeare Company (RSC) deur te bring. Ngaba was een van die twee akteurs wat verlede jaar die kans gekry het om daarheen te gaan. Dit was die tiende en finale jaar wat die beurse toegeken is.

Volgens ’n mediaverklaring het sy tydens haar tydperk by die RSC aan die stuk begin werk.

Volgens Ngaba het sy baie gedink aan Goldin se dood en dat dit eintlik vir haar die kans gebied het om die RSC te kon besoek en die beste geleentheid van haar lewe te kon beleef en hoe baie dit vir haar beteken het.

Die werk het sy oorsprong in die geloof dat ’n swaan met sy laaste asem in sang uitbars net voordat dit sterf. Dis ’n simbool van finaliteit, dood en afsluiting. In hierdie eenpersoonstuk worstel Ngaba se karakter met metafore vir die dood en die liefde.

Die karakter wat sy vertolk, word weens ’n degeneratiewe siekte met ’n vlerk aan haar bladbeen gebore. Dit raak die simbool van haar voordurende stryd om aanvaarding.

Wanneer sy vir die eerste keer verlief raak, verval sy in die illusie van veiligheid terwyl haar geliefde by haar is en die lamheid wat haar plattrek wanneer hy weg is.

Die stuk word in Engels en Tswana opgevoer.

Die regisseur van die stuk is Ilana Cilliers.

Ngaba beoog om die stuk ná die KKNK ook in Kaapstad en Johannesburg op te voer.

Aanbiedings sal gedurende die fees daagliks om 10:00, 12:00, 15:00 en 19:00 voor die Absa-burgersentrum te sien wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.