Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
KKNK
Hanekom bring weer plekspesifieke stuk na KKNK
Die teaterskepper Nicola Hanekom.

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) was oor die jare heen bekend om grootskaalse, plekspesifieke stukke. Die Karoo se natuurskoon teen skemering verleen haar daartoe. Ná jare se afwesigheid keer Nicola Hanekom, skepper van unieke teaterstukke op ongewone plekke in die buitelug, terug met so ’n werk.

Die afgelope paar jaar het Nederlandse kunstenaars ook vir grootse, plekspesifieke werke op die fees gesorg, soos Salto Vitale en Ararat. Hanekom was by laasgenoemde betrokke en het oor jare grootse teaterervarings geskep. Dink maar aan Betésda, Lot en Babbel en later Land van skedels. In die meeste gevalle is dit bekroonde en gevierde werke.

Sy is nou op reis in die Karoo op soek na die geskikte plek vir Mirre en aalwyn, die werk wat van 23 tot 29 Maart aanstaande jaar op die 26ste KKNK opgevoer gaan word.

Sowat drie jaar gelede het Hugo Theart, kunstehoof van Kunste Onbeperk wat die KKNK aanbied, haar genader om ’n werk te skep. Sy ander versoek was dat daar net vroue in moet wees, vertel Hanekom.

Mirre en aalwyn kom van daai saadjie wat hy in my kop geplant het. Hoewel ek nie ’n feminis is nie, is daar ’n streek of twee in die teks wat seker as feministies beskou kan word. Ek hoop dit laat vrae by die gehoor. Ek het ’n wyle aan die teks geskryf. Dit het nogal gestotter, maar ná ’n lang gehik en gedink is dit hier.”

“Ná baie jare keer die hoofkarakter, Jessie, terug na haar ouerhuis (’n bietjie soos die verlore dogter wat huis toe kom). Sy het allerlei idees in haar kop wat nie pas by hoe sy grootgemaak is nie. Haar lewensuitkyk bedreig konvensionele wysheid of onnoselheid. (Afhangend van hoe jy daarna kyk).”

Die inspirasie is ’n tipe verlore-kind-verhaal, ’n kind wat as volwassene terugkom huis toe ná ’n lang afwesigheid. “Ná baie jare keer die hoofkarakter, Jessie, terug na haar ouerhuis (’n bietjie soos die verlore dogter wat huis toe kom). Sy het allerlei idees in haar kop wat nie pas by hoe sy grootgemaak is nie. Haar lewensuitkyk bedreig konvensionele wysheid of onnoselheid. (Afhangend van hoe jy daarna kyk).”

Met haar idees dra sy “al die narcisme en banaliteit van sosiale media saam. Sy verteenwoordig die moderne tyding wat dalk die einde van woorde, geloof en taal beteken. Die sentrale tema van Mirre en aalwyn is die vraag: Waarheen is ons op pad?”

Hanekom sê dat dit nie op so ’n groot skaal is soos Betésda, wat by die plaaslike swembad opgevoer is, of Babbel op ’n koppie buite Oudtshoorn nie.

“Daar is minder karakters, so dis ’n bietjie kleiner, maar ek gaan allerlei goed probeer wat ek nog nie op die planke gesien het nie. Hopelik is daar ’n paar verrassings en is die stuk boeiend. Ek het lanklaas teater gemaak en gaan my bes doen. Ek is baie opgewonde.”

Daar is vier vroue in die stuk: Vinette Ebrahim as Moeder, Amalia Uys as Jessie, Gretha Brazelle as Ouma en Kenley Swart as Doe-doe.

“Gretha ken die gehoor as die veteraanaktrise wat in Betésda en Land van skedels was. Kenley is ’n jong aktrise wat by die Kaapse toneelskool onder my en Grant Swanby (Hanekom se wederhelf) gestudeer het. Sy is wonderlik en speel in Huisgenoot se fliek, Vergeet my nie, wat volgende jaar wys.

“Ek sien verskriklik uit daarna om saam met Vinette en Amalia te werk. Ek het Amalia vroeër vanjaar leer ken toe ek teenoor haar in Be(t)roudag by Innibos gespeel het. Dis eintlik my ontmoeting met haar wat my weer aan die skryf gekry het aan Mirre en aalwyn. Sy is regtig ’n besonderse aktrise met ’n oop kop, sensitiwiteit en baie moed. Ek het jare gelede toe ek in my twintigs was vir Vinette ontmoet. Sy slaan bloot ’n mens se asem weg.”

Die musiek word deur Pierre-Henri Wicomb gekomponeer.

* Mirre en aalwyn word daagliks van 23 tot 28 Maart om 19:30 by die KKNK opgevoer. Daar is ’n ouderdomsperk van 16 vir dwelms en naaktheid. Kaartjiepryse is R185 en R200 en dit is beskikbaar by die deur. Daar is op 25 Maart om 20:45 ná die stuk ’n teatergesprek. Besprekings het pas geopen.

Meer oor:  Nicola Hanekom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.