Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
KKNK
‘Jy word snaaks gebore,’ sê Schalk Bezuidenhout

Schalk Bezuidenhout is nie een vir politieke korrektheid of doekies omdraai nie. Hy maak grappe saam met die grotes en is op 23 jaar oud reeds beter as meeste.

Netwerk24 het hom sonder waarskuwing op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees uitgedaag om spontaan ’n nuwe storie voor kamera te vertel.

En hy het nie op hom laat wag nie.

Hoe word ’n mens snaaks?

“Ek dink jy’s snaaks gebore, hoor. Om eerlik te wees,” sê Bezuidenhout.

“Daar is ’n geen. Ek wil amper sê jy het dit of jy het dit nie, maar dit klink baie pessimisties om te sê as jou droom is om ’n komediant te word dan gaan jy dit dalk nooit kan doen nie.

“Jy word beter met tyd. Ek is beter as wat ek drie, vier jaar terug was, maar daar is komediante wat ek ken wat so baie optree, maar hulle het net nie daai kern funny bone nie.”

Stand-up-komedie, wat Bezuidenhout se forté is, is nie iets wat geleer kan word nie, sê hy.

“Dis ’n baie persoonlike ding as mense nie lag nie.

“As mense nie lag in ’n Dowwe Dolla-show nie, lag hulle nie vir Dowwe Dolla nie. Dis nie Margit nie.

“Maar vir my, as mense nie lag nie, is dit ’n geval van hulle dink ék, Schalk, is nie snaaks nie. Dit is als direk.

“Dit ís persoonlik.”

Tog, is dit hy op die verhoog?

Hy raak filosofies hieroor en sê jy is nie 100% jouself nie, maar dat dit ’n refleksie van jouself is.

“Dit is ’n heightened weergawe van jouself, maar jy word ook nie ’n karakter nie.

“Ek is net ek. En partykeer is ek snaaks en partykeer is ek nie.”

Jy het dit of jy het dit nie, sê die komediant Schalk Bezuidenhout oor wat ’n komediant suksesvol maak. Foto: Marida Fitzpatrick

Hy vertel hoe vreemd interaksies soms met mense is wat hom op straat herken.

“Sommige mense se sosiale vaardighede f*k net by die venster uit. Hul brein short-circuit.”

Soos ’n ou wat geskree het: “Daar’s die n***er wat die jokes vertel!”

“Dit is die begin van die interaksie! Ek hou daarvan as ’n aanhanger na my toe kom en net sê ‘hallo, ek het jou show gekyk en dit baie geniet’. En dan kan ek normaal reageer en gesels.

“Maar as iemand vir jou sê n***er, hoe reageer jy? Wat is ek veronderstel om te sê?”

Bezuidenhout het al saam met Trevor Noah opgetree en sy bewondering is duidelik.

“Ek het nog nooit iemand gesien wat so baie materiaal in een aand kan skryf nie.

“Iets sal gebeur in die nuus en dieselfde aand sal hy 20 minute daaroor kan praat en dis skreeusnaaks. Dit lyk soos ’n joke wat hy al vir jare craft. Dit is die eerste keer wat hy dit doen, maar dit is foutloos.

In watter mate kan jy leen van ander komediante?

En het Noah grappe gesteel van die wêreldbekende komediant Dave Chapelle?

Hy kan hom dit nie vir ’n oomblik indink nie, sê hy.

“Hoekom sal Trevor, wat so goed is, hoekom sal hy steel?

“Dit ís moontlik vir twee mense om dieselfde ding te dink. Dit is nie onmoontlik vir ’n ander persoon om aan dieselfde konsep te dink of dieselfde opinie te hê nie.”

* Bezuidenhout is ook ’n akteur en bied Woensdae om 18:00 Die Kliek op Via (kanaal 147) aan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.