Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
KKNK
KKNK se musiekprogram voorspel groot lekkerte
Yoma, die rymkletser wat in ‘ ’n Ma in Mamre’ optree.

Die KKNK se musiekprogram wemel van debuutproduksies deur meestal bekende kunstenaars, maar hier en daar val ’n produksie op waarvan die musikante nie wyd bekend is nie en die aanbod ’n tinteling deur die are stuur.

Remembering the Golden Age of South African Jazz deur The Lady Day Big Band is só ’n produksie. Die orkes is groot, 24 lede en almal vroue, met ’n program wat wyd aanklank behoort te vind. Die musiek kom uit die goue tydperk van Suid-Afrikaanse jazz (1930’s tot 1950’s) toe sangers soos The Skylarks, Dorothy Masuka, Dolly Rathebe en die African Ink Spots neuriewysies en interessante harmonieë op maat van Afrika-swing bekend gemaak het.

’n Ma in Mamre is rymklets en sang wat dalk nie in almal se smaak sal val nie, maar die inhoud, ’n liefdesverhaal van ma-word

Adam Tas bring ‘Ek is ryk’ na die KKNK.

en pa-wees in Mamre, sal menige hartsnaar roer. Die kunstenaars is Yoma (rymklets, sang), Whaden Johannes (sang) en Stuwi W (kitaar). Simon Witbooi het die teks geskryf en vir die musiek het hy Johannes en Claudia Witbooi se hulp gekry.

In Storm in a F-cup / Bra-vades, komiese musiekteater met ’n aweregse teks, is die “verteller” die enkellopende 43-jarige Debra se bra’s, wat hul weergawes van haar tragiese ontmoetings met mans gee. Die musiek kom uit musiekspele en sluit 1970’s- en Bonnie Taylor-treffers in soos “Total Eclipse of the Heart” en “Holding out for a Hero”. Michelle Botha is die sanger, choreograaf, vervaardiger en teksskrywer saam met Thomas Barlow. Hy is ook die regisseur.

Ou staatmakers wat nuwe produksies na die KKNK bring, sluit in Amanda Strydom, Elzabé Zietsman, Schalk Joubert, Jak de

Aviva Pelham is te sien in ‘Santa’s Story’. Dit is die operasanger se ma se verhaal wat sy, Santa, op 90 jaar geskryf het.

Priester, Rocco de Villiers, André Schwartz, kitaarmeester Dirkie van Staden en verskeie ander.

In Nostalgie vra Strydom of jy onthou waar jy was toe sekere liedjies gespeel het. Die tjellis Susan Mouton sal saam met Strydom se gereelde pianis Coenraad Rall die musiek verskaf.

Zietsman het ’n donker tema vir haar kabaret Femme is fatale gekies – intieme vrouemoord en geslagsgeweld. Die teks is deur Bruce Little en die musiek deur Tony Bentel, wat ook die pianis is.

Vertonings waarby Schalk Joubert betrokke is, is dikwels verrykend. Neruda: Hartstog bestaan uit getoonsette gedigte van die Chileense digter Pablo Neruda met Gideon Lombard, Sandra Prinsloo, Pierre Breytenbach, Churchill Naudé, Lynelle Kenned en Joubert wat gestalte sal gee aan die woorde en musiek. Die gedigte kom uit Vandag is boordensvol, De Waal Venter se bundel Afrikaanse vertalings van Neruda se verskuns. Louw Venter en Joubert is die regisseurs.

André Schwartz, wat ‘Die Pad’ saam met Casper de Vries geskryf het. Hy sing ook in ‘The Music of Andrew Lloyd Weber’.

In Schalk Joubert: 25 jaar met ’n baskitaar val die kollig op Joubert se loopbaan sedert hy as groentjie in Koos Kombuis se orkes gespeel het tot wêreldtoere. Getrou aan sy manier van doen het hy verskeie musikante genooi om saam op te tree. Anton Goosen, Koos Kombuis, Gert Vlok Nel, Pietman Geldenhuys, Laurinda Hofmeyr en Mauritz Lotz sal ekstra kleur aan sy stories en musiek verleen.

Petronel Baard sê haar produksie Musiek van die Lang Vrou: Die heelal draai herinner aan die fado-styl van Portugal waarin sy glo sy tuisgekom het. Sy sal sing en klavier speel, Schalk Maas voeg kitaar, mondfluitjie en stem by, Altan Ungerer kitaar, perkussie en stem en Boesman Keyser saxofoon.

Nog musiekteater is Rocco en vriende wat onder meer Jim Muller se musiek speel, Van die os op die jas met Pietman Geldenhuys en Mauritz Lotz, Versnit met Danie Niehaus en Germandt Geldenhuys en Santa’s Story. Dit is die aangrypende verhaal van Santa, die operasanger Aviva Pelham se ma, wat as oorlogvlugteling uit Europa na Afrika gereis het. Pelham gee dit weer in Jiddisj, Spaans, Frans, Engels en Hebreeus. ’n Orkes begelei haar.

Lus vir kontemporêre musiek? Kyk uit vir Adam Tas, Coenie de Villiers en Deon Meyer (Karoo Suite 2), Luna Paige en ander met Smeltkroes, Joshua na die Reën, die Soweto String Quartet, Jannie du Toit (Die eggo van jou oë) en nog ’n hand vol bekendes.

Anna Davel (Shirley Bassey-huldeblyk), Zorada Temmingh (Notre Dame) en Boeta Maan en The Young Men Malay-koor (Oos Kombuis) is ook deel van die vol musiekprogram.

Laaste maar nie die minste is The Music of Andrew Lloyd Webber met Corlea Botha, Jannie Moolman, Kevin Leo en André Schwartz met die Stellenbosch-stadsorkes onder leiding van Paul Loeb van Zuilenburg.

Meer oor:  Musiek  |  Kknk  |  2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.