Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
KKNK
KKNK: Wees bedag op inbrake by motors, sê polisie
Lede van die polisie se berede eenheid patrolleer Donderdag Baron van Rheedestraat in Oudtshoorn gedurende die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK). Foto: Jackie Kruger

Die polisie vra feesgangers by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) om bedag te wees op motorinbrake.

Die KKNK het Donderdag begin en duur tot eerskomende Woensdag.

Motorinbrake is elke jaar ’n groot probleem, sê kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder. “Ons vra mense om asseblief nie waardevolle items oop en bloot in motors te los waar verbygangers of opportunistiese misdadigers dit kan sien nie. Sluit dit in die kattebak toe of los dit by jou blyplek.”

Volgens hom verloop die eerste dag van die KKNK rustig en is nog geen ernstige misdaad aangemeld nie. Teen Donderdagmiddag is ook nog geen grypdiefstal aangemeld nie.

Hy sê ’n gesamentlike operasionele sentrum by die fees bestaan uit belanghebbendes soos die polisie, veiligheidsmaatskappye, wetstoepassingsbeamptes, die munisipale en provinsiale verkeersdepartement en die departement van maatskaplike ontwikkeling. “Laasgenoemde help byvoorbeeld indien jong kinders by misdade betrokke sou wees,” sê Pojie.

Ongerymdhede of noodgevalle moet telefonies by die sentrum by 044 203 8656 aangemeld word.

Alan Winde, die DA se premierskandidaat vir die Wes-Kaap en Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het die sentrum Donderdag besoek.

Volgens Pojie doen die polisie se spesialiseenhede soos die honde-eenheid en die berede eenheid ook diens by die fees.

Pojie sê beurtkrag is deel van die polisie se bestuursplan vir die fees en alle gebiede – feesterreine ingesluit – word tydens beurtkrag gepatrolleer. Volgens hom is die risiko vir misdaad hoër gedurende beurtkrag omdat dit donker is.

Lede van die gesamentlike operasionele sentrum is gereeld in gesprek met mekaar en vergader daagliks. Ongerymdhede of noodgevalle moet telefonies by die sentrum by 044 203 8656 aangemeld word.

Noodhulppunte is by die sentrum en in die Kuierbuurt beskikbaar.

Besoekers word gevra om nie alleen rond te loop nie, veral saans, maar om eerder van die KKNK se pendeldiens gebruik te maak. Dié diens is beskikbaar van 08:00 tot 22:00 voor die Langenhoven-gedenkbiblioteek in Voortrekkerweg. Kaartjies kos R20 per rit. Deur van die pendeldiens gebruik te maak sal mense ook help dat minder motors in die dorpsgebied voorkom.

Meer oor:  Inbrake  |  Kknk2019  |  Misdaad  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.