Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
KKNK
Kunstenaar het nog nie een KKNK gemis nie

Van die eerste Klein Karoo Nasionale Kunstefees in 1995 tot vanjaar, 22 jaar later, het die skilderkunstenaar Kobus Kotzé nog nie een KKNK in Oudtshoorn oorgeslaan nie.

’n Mens wonder of enige ander kunstenaar daarmee kan spog.

Sy seun, Floris Kotzé, ook ’n skilderkunstenaar, sê in 1995 was hier net een feesterrein. “Al die stalletjies was in ’n groot markiestent en visuele kuns was baie skaars.”

’n Bedrywige Kotzé-galery op die KKNK. Ronald West is die kunstenaar wat vanjaar hier sit en skilder.

Floris het hom in 1997 by sy kunstige gesin, onder wie sy susters Hanlie en Mariaan, by die Kobus Kotzé-kunsgalery aangesluit. Dit het meegebring dat hy ook die afgelope 20 jaar ononderbroke ’n uitstaller op die KKNK is.

Vandag is hy die eienaar van die Kotzé-kunsgalery in Bloemfontein.

Wat die KKNK betref meen hy daar is geen vergelyking tussen 1997 en nou nie. “Al onveranderlike is dat die Kotzé-galery nog nooit ’n swak jaar gehad het nie.

“Ons het vanaf die markiestent geskuif na ’n sitkamer in die sportsentrum, waar ons ’n hele paar jaar uitgestal het.

“In 2005 het ons ’n karwasplek gekry wat vyf jaar lank ons feesgalery was. En toe skuif ons na die beste lokaal in Oudtshoorn, ’n boetiek in die Queens Hotel wat die afgelope 10 jaar al in die feestyd vir ons ontruim word.”

Tot so vyf jaar gelede het Kobus gedurende elke fees in die lokaal geskilder. Hy doen dit steeds, maar nie meer elke dag en heeldag nie. Hy is immers al 78.

Floris sê ondanks die swak ekonomie het hul kunsverkope die afgelope drie jaar verstommend toegeneem.

Hy skryf dit toe aan meer gefokusde feesgangers. “Die stalletjiebesoekers het afgeneem en die gekultiveerde feesgangers – mense wat hier is vir die kuns en weet wat hulle wil hê – het meer geword.”

Die Kotzés het in die meer as twee dekades baie vriende gemaak. Wat Floris egter elke jaar verras, is die Vrystaters wat hulle ondersteun. “Ek verstaan dit. ’n Mens het gewoonlik nie in die drukte van jou daaglikse bestaan tyd om ’n kunsgalery te besoek nie, al is dit op jou drumpel. Maar op ’n fees ontsnap jy van die druk en is jou beursie ook wyer oop,” sê Floris.

Meer oor:  Kknk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.