Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
KKNK
‘Mike & Mavis’ smelt die hart by KKNK

Soms op dag vier as die feesgees bietjie taan en ’n mens moeg en voetseer raak, stop ’n klein juweeltjie jou in jou spore en verkwik jou siel opnuut.

Mike & Mavis met die akteur-egpaar Elize Cawood en Wilson Dunster is so ’n ervaring hier op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn. Soos die vrou langsaan my laggend opmerk dit gaan blykbaar oor “senior liefde” en dat oud “mos nie koud beteken nie”. Soveel meer as dit lag ons saam ná die stuk geskryf deur Wessel Pretorius.

Wilson Dunster en Elize Cawood in Mike & Mavis.Foto: Jaco Marais

Die weduwee Mavis (Cawood) word raaiselagtig genooi na die opening van ’n bioskoop op die kusdorpie waar sy woon – daar aangekom blyk sy die enigste gas te wees. Dit blyk dat die Engelse Mike (Dunster) haar dalk voorheen geken het, nog voordat sy met haar man getroud is . . .

Die twee akteurs is in perfekte pas en ligweg in voeling met mekaar. Daar is ’n innigheid wat ’n mens kan aanvoel. Voor jou speel ’n komiese besinning oor liefde, godsdiens, geloof, eensaamheid, lewenskeuses, ouerskap en oudword uit. Dit is romanties, speels intelligent en vermurwe die hart. Die spelleiding deur Gerrit Schoonhoven is sensitief en lig.

As Mike & Mavis in jou dorp of by ’n fees naby jou kuier, trakteer jouself met hierdie spesiale ervaring.

* Pretorius is by talle produksies op vanjaar se KKNK betrokke. Hy is die regisseur van Fotostaatmasjien, ook die teksskrywer van Mike & Mavis en Sê my naam soos ’n Starbucks-knaap. ’n Eenvrouvertoning met Je-ani Swiegelaar.

Meer oor:  Kknk  |  Oudtshoorn  |  Toneel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.