Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
KKNK
Padwerk gedurende KKNK

Motoriste word bedag gemaak op verkeersvloei-veranderings weens werk aan die N12-pad tussen Oudtshoorn en De Rust in die Klein-Karoo.

Die opknappingswerk sal voortgaan ten tyde van die 25ste Klein-Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) wat van 21 tot 27 Maart in Oudtshoorn gehou word.

Opknappingswerk het Dinsdag in Oudtshoorn se sentrale sakekern begin. Die deel tussen Springbokweg en die begraafplaas word geraak.

Die Oudtshoorn-munisipaliteit sê Heunisstraat sal gesluit wees vir die duur van die projek en motoriste moet van 5de Laan tot Springbokweg gebruik maak.

Dit is jammer dat die KKNK op 21 Maart begin, volgens die munisipaliteit, maar die kontrakteur moet die werk binne ’n spesifieke tydperk voltooi. Die opknappingswerk sal sowat twee maande duur.

Volgens die munisipaliteit sal die verkeersdruk in 5de Laan erg wees en word verkeersopeenhopings verwag by die kruisings by 5de Laan, Rossouw-, Tommy de Villiers-, Springbok-, Coral- en Pearlstraat. Druk verkeer word ook by die kruising van Voortrekkerstraat en Springbokweg verwag. ’n Stop-en-ry-stelsel is in Voortrekkerstraat en die N12 in plek en die verkeer word gereguleer.

’n Beroep word op motoriste gedoen om van Jacobson- en Langenhovenstraat gebruik te maak.

Meer oor:  Kknk2019  |  Padwerke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.