Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
KKNK
PW en Koekie von Blik by KKNK

PW Botha is terug, daar lê skuim in die straat en hoede lok mans – dit is maar net ’n paar van die goed wat vanjaar by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn te sien is.

Pieter-Dirk Uys maak die voormalige staatspresident PW Botha na in die komedie Pasaanoffokof.Foto: Simon Sonnekus
Pieter-Dirk Uys in sy komedie Pasaanoffokof.Foto: Simon Sonnekus
Talle feesgangers luister na Vernon Barnard, die blinde deelnemer aan die werklikheidsprogram The Voice SA, by die RSG-verhoog in Baron van Reedestraat by die KKNK.Foto: Simon Sonnekus
Vernon Barnard teken poskaarte buite die RSG-verhoog by die KKNK. Hy maak gebruik van ’n stensil om sy handtekening op te kaarte te sit.Foto: Simon Sonnekus
Alicia McCormick in die country-cabaret Angels on Horseback: Skop, Skiet en Blonder in die Parlement by die Suid-Kaap Kollege. Foto: Simon Sonnekus
Genna Galloway doen ’n split in die vertoning van Angels on Horseback: Skop, Skiet en Blonder. Foto: Simon Sonnekus
Annamarie Burger (7) van Oudtshoorn speel met skuim by die fontein buite die ABSA-burgersentrum in Baron van Reedestraat, Oudtshoorn.Foto: Simon Sonnekus
Koekie von Blik (Lydia du Toit) van Stellenbosch, Lippies (Lynette Jordaan) van Bloemfontein en Dr. E (Elma Rossouw) van Centurion vat ’n breek van hul besige skedule by die ABSA-burgersentrum in Baron van Reedestraat. “Ons dra die hoede met die volstruisvere om feestelik te lyk, maar ook om mekaar uit te ken. Ons is hier om fees te hou, daarom moet ons feestelik lyk,” sê Von Blik. Die trio sê die interessante hoede en uitrustings help hulle ook om mans te lok. “Sien jy! Jy’t nou net met ons kom praat om ons te vra oor ons hoede. Hulle werk goed om die jongmanne nader te trek.” Foto: Simon Sonnekus
Almur Marais, deelnemer aan die eerste reeks van The Voice SA sing tydens ’n optrede by die Coca-Cola -verhoog op die Rivierbuurt-feesterrein.Foto: Simon Sonnekus
Hannes van Wyk, aanbieder op Kwêla, gesels met Michelle van Breda, Sarie se redakteur, in die Media24-feeskafee by die KKNK.Foto: Simon Sonnekus

Meer oor:  Pieter-Dirk Uys  |  Kknk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.