Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
KKNK
Riaan geniet hom gate uit op KKNK-verhoog

Nie net is Riaan Cruywagen geweldig beïndruk deur die geesdrif van sy medeakteurs op die verhoog nie, die teks van Jakkals en Wolf onbeperk is volgens dié bekende taal­puris briljant geskryf.

Riaan Cruywagen is op die KKNK te sien in Jakkals en Wolf onbeperk.Foto: NARDUS ENGELBRECHT

“Ek moet Malan Steyn (teksskrywer) ’n pluimpie gee. Dis briljant. Sy taalgebruik is so soepel, dis so heerlik om dit te lees. Dit was nie vir my nodig om een verbetering voor te stel nie,” het Cruywagen gisteroggend ná die eerste opvoering van die toneelstuk gesê waarin hy homself speel.

Cruywagen voeg daarmee verhoogwerk by sy repertorium van onder meer nuusleser, stemwerk, advertensiewerk, seremoniemeester, aanbieding en musiekvideo-ster. “Ek weet nie hoekom hulle my gevra het nie. Miskien het hulle ’n nuusleser gesoek en iemand wat ’n verbintenis met kinderprogramme het. Ek hoop maar ek voldoen aan die profiel waarna hulle gesoek het.”

Die stem van Haas Das destyds sê hy sou nie omgegee het as dié haas ’n verskyning in Jakkals en Wolf onbeperk gemaak het nie. “Al was dit net in ’n grapperige sin, soos as ek op die verhoog stap en sê: ‘Dis nou 18:00 en hier volg Haas Das se nuuskas’, en iemand sê aan my: ‘Jy is in die verkeerde produksie’, of so iets,” sê Cruywagen terwyl hy die haas se stem naboots en lekker vir homself lag.

Volgens hom word hy “geweldig baie” vir kameerolle genader, maar om op ’n kunstefees op te tree het dié keer die deurslag gegee.

“Ek hou van die kunstefeeste en dis vir my ’n lieflike geleentheid om vir ’n hele week hier te kan wees. Omdat ek nou nie meer by nuus en aktualiteit saans betrokke is nie, is dit vir my lekker om so ’n bietjie tyd en aandag aan ander vorme van vermaak, soos verhoogwerk, te bestee. Maar as ek so na die akteurs kyk, sien ek dit is veeleisend. Jy moet jonk en fiks wees.”

* Jakkals en Wolf onbeperk. Absa-burgersentrum. Tot 26 Maart om 09:00. ’n Kunste Onbeperk-produksie in samewerking met die US-dramadepartement en ondersteun deur NATi

Meer oor:  Kknk  |  Riaan Cruywagen  |  Kknk2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.