SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
KKNK
Twee stukke voor met 3 pryse
Die spelers in Babbelagtig is van agter Jemma Khan, De Klerk Oelofse(lings), ‘’’’en voor Foto: ROBERT HAMBLIN

Met drie pryse elk het die 24ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se debuutproduksie Swerfgoed, ’n distopiese blik op ’n wêreld wat gebuk gaan onder waterskaarste, en Hierdie lewe, ’n verwerking van Karel Schoeman se gelyknamige roman, die voortou geneem by vanjaar se KKNK Kanna-prysaand. Die pryse vereer uitnemende werk by die KKNK op Oudtshoorn.

Die Kanna-wenners in die 15 kategorieë, wat twee nuwe kategorieë vir tegniese uitnemendheid en beste teaterontwerp insluit, is gisteraand by ’n spesiale geleentheid op Nasdak in Kaapstad bekend gemaak, met Nina Swart as die gasvrou.

Bauke Snyman is bekroon met ’n Kanna vir die beste nuutgeskrewe teks vir Swerfgoed. Nicole Holm en Richard September is onderskeidelik aangewys as die beste vroulike en manlike byspeler. Swerfgoed word later vanjaar by die Baxterteater aangebied en sal ook te sien wees by die Vrystaat Kunstefees.

Hierdie lewe, ’n US Woordfees-produksie ter huldiging van Schoeman wat verlede jaar op 1 Mei oorlede is, het aan Wolf Britz die prys vir beste regie én beste teaterontwerp besorg. Antoinette Kellermann het die Kanna vir beste aktrise gewen – die produksie is eersdaags ook op die Vrystaat Kunstefees te sien.

Hannes Coetzee in Lepeltjie vol snare wat vanjaar as beste musiekaanbieding op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees vereer is.

Mbulelo Grootboom het die Kanna vir beste akteur ontvang vir sy spel in Gif/Poison/Ithyefu, ’n verhaal van ’n man en vrou wat jare ná hul seun se dood weer by sy graf ontmoet.

Die prys vir die beste teateraanbieding het gegaan aan die plekspesifieke produksie Ons is almal

freaks hie

r – ’n koproduksie van die KKNK en die US Woordfees – geskryf deur die Hertzogpryswenner Ingrid Winterbach, waarin sy fokus op die verhaal van Saartjie Baartman.

Babbelagtig, ’n prettige narre-en-mimiekspel, is bekroon as die beste debuutproduksie sowel as die beste kinderteateraanbieding.

Doos/Box (met Stephanie Gericke en regie deur Llandi Beeslaar) is aangewys as die beste Uitkampteater-produksie, terwyl Du Toit Albertze die Kanna vir die beste opkomende kunstenaar vir Die meermin-kompleks gekry het. Albertze is ook die skrywer van Die meerminkompleks, wat deel was van 2017 se Teksmark.

’n Toneel uit Ons is almal freaks hier met Kay Smith as Saartjie Baartman voor.Foto: NARDUS ENGELBRECHT

Johannes en Collen Maswanganyi, pa en seun, se uitstalling Dance and Carve with My Father het die Kanna vir die beste bydrae tot visuele kuns gewen. Johannes was die feeskunstenaar en Collen die wenner van Kunste Onbeperk se prys vir ’n nuwe stem.

Lepeltjie vol snare, met Frazer Barry en Hannes Coetzee (wat vanjaar met Kunste Onbeperk se Kruispuntprys vereer is), is aangewys as die beste musiekproduksie. Coetzee is bekend vir sy “optel-en-knyp”-kitaarspelstyl en die teelepel in die mond waarmee hy klanke optower.

Pieter-Jan Kapp, tegniese bestuurder by die fees wat reeds van die eerste KKNK ’n verbintenis met die fees het, is die eerste wenner van die Kanna-prys vir tegniese uitnemendheid. Volgens Hugo Theart, waarnemende uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, is dit ingestel juis omdat niks van die wonder wat op die verhoë gebeur, moontlik sou wees sonder die harde werk wat agter die skerms gedoen word nie.

’n Spesiale prys vir die beste produksiebemarking, geborg deur Lumico, is toegeken aan Moord in

Ixiastraat: ’n Bal-oog-en-Brommel-avontuur

.

Die Kanna-paneel, onder leiding van die sameroeper Mareli Stolp, het bestaan uit Amelda Brand, Retha Bornmann, Diane de Beer, Aidan Erasmus, Rafiek Mammon, Thami Mbongo, Laetitia Pople en Tracey Saunders.

Meer oor:  Wenners  |  Kknk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.