Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
KKNK
Van Kramer tot Refentse
David Kramer

Lepeltjie vol Snare van onder andere Hannes Coetzee, Frazer Barry en Loit Sols beloof om ’n hoogtepunt onder vanjaar se musiekaanbod op die fees te wees. En die konsert Awê Kaktus gaan die vlaktes laat dreun met optredes van Mi Casa, Majozi, Spoegwolf en Mathew Mole.

Feesgangers kan uitsien na optredes op die fees van onder andere David Kramer, Coenie de Villiers, Lize Beekman, Laurika Rauch, Karin Kortjé, Les Javan, Refentse én Amanda Strydom.

’n Samestelling van David Kramer se gunsteling- liedjies David Kramer se Platteland met Kramer self aan die skoffel op die verhoog tel onder die hoogtepunte. Kramer smee ook kragte met Laurinda Hofmeyr vir Afrika my verlange/Afrique mon Désir waar hulle ’n skatkis van Afrika-poësie oopmaak, asook werke van Breyten Breytenbach en Antjie Krog.

Chris Chameleon en CH2, bekend om hul kitaarspel-vuurwerk, snoer kragte saam vir CH3 Chris Chameleon en CH2.

Kortjé, Robin Pieters en Elwira Standili is saam te sien in Goue treffers van Kaap – nostalgiese ballades van die Kaap.

Karin Hougaard, wat sedert 2008 in die VSA woon, tree op in die musiekteaterstuk Karin Hougaard-Grepe. Sy sing liedere wat sy in samewerking met die Nederlandse kabaretster Herman van Veen uitgevoer het, asook haar vertolking van Anna Neethling-Pohl se Afrikaanse vertalings van Shakespeare se sonnette.

Tradisionele, sekulêre liedere en spirituals vorm deel van Boontoe: Engelstemme. met onder andere Jo Black en Corlea Botha. Die Karoo is ook die inspirasie vir Karoo-nag met Adam Tas, Refentse, Joshua na die Reën, Kortjé, en ander.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.