Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
KKNK
Woef kuier saam in Volstruisdorp

Terwyl die strate van Oudtshoorn wemel onder die feesgangers by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), het party die geleentheid gebruik om hul honde aan die lekker reuke van boerewors, roosterkoek en ander feeskosse bekend te stel op die sesde dag van die fees.

Nolene en Corné Botha met hul Jack Russell-terriërs, Snippie en Olive. Foto: Simon Sonnekus
Izelle van der Merwe, André van der Merwe en Nael Stevenson met Zara, ’n Engelse jaghond, wat saam met die Van der Merwes van Johannesburg af gery het om in die Klein Karoo te kuier. Foto: Simon Sonnekus
Gert en Elizma Verwey van Oudtshoorn met hul honde, Rex, ’n Chinese keeshond-en-labrador-kruising, en Bella, ’n goue apporteerhond.Foto: Simon Sonnekus
Mariëtte en Niekie Taljaard van Upington met Tiger, hul steekhaarterriër. Foto: Simon Sonnekus
Dries en Johanna Fouché van Klein Brakrivier met hul woef, Jenna, ’n mopshond-en-chihuahua-kruising wat ’n bietjie koud gekry het.Foto: Simon Sonnekus
Wille Fourie en Mario Boffa besluit om hul hondjies, Max en Blitsie, wat voos gestap is, te dra.Foto: Simon Sonnekus

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.