Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
KKNK
Zoid laat waai met 'Sit dit af'
Karen Zoid sing liedjies soos “BMW”, “Ossewa”, en “Almal moet gerook raak” saam met die Gereformeerde Blues Band by die KKNK op Oudtshoorn.Foto: Simon Sonnekus
Zoid het ook Johannes Kerkorrel se “Hillbrow”, “Hoe ek voel” en “Halala Afrika” gesing.Foto: Simon Sonnekus
Die Gereformeerde Blues Band se lede Jannie Hannepoot van Tonder, Piet Pers en Willem Moller saam met Karen Zoid en haar band.Foto: Simon Sonnekus
Zoid sou in 2003 saam met Johannes Kerkorrel opgetree het, maar hy is in 2002 dood.Foto: Simon Sonnekus
Zoid sê dit is vir haar ’n groot eer om saam met die lede van die Gereformeerde Blues Band te speel.Foto: Simon Sonnekus
Gary Herselman, beter bekend as Piet Pers van die Gereformeerde Blues Band, het Die Kêrels se liedjie “Pampoensop” gesing. Foto: Simon Sonnekus

Dit was vir Karen Zoid ’n eer om vanjaar by die Klein Karoo Kunstefees (KKNK) saam met die band wat saam met Johannes Kerkorrel opgetree het op die Voëlvry-toer te speel.

Zoid en haar orkes het Sondagoggend saam met die Gereformeerde Blues Band talle treffers soos “Sit dit af”, “BMW” en “Ossewa”, wat veral bekend geword het tydens hul ikoniese toere, in die Absa-burgersentrum gespeel.

Kerkorrel het Zoid voor sy dood gekontak en gevra of sy saam met hom wil werk vir ’n optrede by die KKNK.

Hy is op 12 November 2002 dood.

Zoid het ná haar optrede vanjaar by die KKNK gesê:

Dit was regtig ’n Rock en Roll-ossewa wat, ten spyte van druk van die regering, die land plat getoer en besonderse musiek gemaak het.

“Toe ek ’n oproep van Ralph (Rabie – Kerkorrel) kry waar hy sê hy wil saam met my werk vir ’n optrede by die KKNK, het ek onmiddellik gedink, ‘Wie is ek dat Johannes Kerkorrel my bel?’. Ek was nog nooit so op my senuwees nie, maar hy het net aangehou om my gerus te stel dat die optrede besonders sal wees.”

Al het die optrede met Zoid en Kerkorrel, wat in 2003 sou plaasvind, nooit gebeur nie, sê Zoid dit bly ’n eer om Kerkorrel se liedjies te speel. “Ralph was een van die beste liedjieskrywers in Afrikaans. Liedjies soos ‘Hillbrow’, ‘Hoe ek voel’ en ‘Halala Afrika’ sal vir altyd onthou word in Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenis,” sê sy.

Zoid sê dit was besonders om saam met Piet Pers, Jannie Hannepoot van Tonder en Willem Moller van die Gereformeerde Blues Band te speel.

“Daar is soveel bewegings in musiek wat bane gebreek het en rewolusies gelei het. Voëlvry en die Gereformeerde Blues Band het ’n baan gebreek vir musiek en Rock en Roll in Suid-Afrika. Dit was regtig ’n Rock en Roll-ossewa wat, ten spyte van druk van die regering, die land plat getoer en besonderse musiek gemaak het,” sê Zoid.

* Zoid se optrede saam met die Gereformeerde Blues Band is vir oulaas Maandag om 19:00 by die Absa- burgersentrum in Baron van Rheedestraat te sien.

Meer oor:  Karen Zoid  |  Oudtshoorn; Kknk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.