Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Suidoosterfees
‘La Bohème’ toe nie so tuis hier

La Bohème in District Six

KykNET-teater, Kunstekaap, Kaapstad

***

Given Nkosi en Amanda Osorio in La Bohème in Di strict Six wat as deel van die Suidoosterfees opgevoer is. Foto: verskaf

Die Suidoosterfees se tema – die gedwonge verskuiwings uit Distrik Ses 50 jaar gelede – word, soos in talle produksies vanjaar, ook ingespan in La Bohème in District Six, ’n verwerking van Puccini se gewilde opera.

Die aangepaste titel (en programnotas) skep die indruk dat die opera na Distrik Ses verplaas is, of bande met die buurt of gebeure daar uitlig. Helaas nie.

Daar is wel pogings: ’n stootskraper agter op die verhoog dui dalk op die dreigende uitsettings, en ’n toneel wat in ’n restaurant in Woodstock afspeel, plaas die opera in Kaapstad.

Die stootskraper word egter nooit werklik deel van die gebeure nie; dis asof dit terloops daar staan.

Dit voel na ’n flou poging om hierdie La Bohème by die feestema te laat inpas

En Woodstock is nie Distrik Ses nie. Dit voel na ’n flou poging om hierdie La Bohème by die feestema te laat inpas, en maak myns insiens ’n trivialiteit van ’n tragiese stuk geskiedenis.

Die opera is verkort en die orkes verklein. Die digter Rodolfo woon saam met sy kunstenaarsvriende Marcello, Schaunard en Colline in ’n dakwoonstel.

Op ’n dag daag Mimi op en binne minute is sy en Rodolfo verlief. Hulle breek op, maar sy is siek en vind haar pad terug na hom. Dan sterf sy.

As ’n mens die opera ken, voel jy die gapings in die verhaal aan. Jy mis ook die grootse orkesklanke waarmee jy Puccini assosieer – hierdie klein orkes, gedirigeer deur Alex Fokkens, kan maar net nie so klink nie.

Tara Notcutt se produksie is eenvoudig en kleurvol dog somber, maar nie sonder foute nie.

Die jong sangers vaar grotendeels goed. Die ster van die aand was Given Nkosi, wie se helder tenoorstem die rol van Rodolfo goed pas. Die aria “Che gelida manina” was ’n lus vir die oor.

Mimi is dalk nie die mees geskikte rol vir Amanda Osorio nie, maar daar was pragtige oomblikke in haar sang, veral met “Donde lieta usci”.

’n Verlate stootskraper en ’n Woodstock-verwysing sal nie deug nie

Lynelle Kenned se stem was effens lig vir die koketterige Musetta, maar sy het die rol haar eie gemaak, mooi gesing en goed toneel gespeel.

Die opera-legende Angelo Gobbato was terug op die verhoog met ’n uiters snaakse vertolking van Alcindoro, Musetta se ryk ou minnaar.

Dalk het La Bohème die potensiaal om ’n Distrik Ses-verhaal te wees, maar in hierdie produksie is dit nie ontgin nie – ’n verlate stootskraper en ’n Woodstock-verwysing sal nie deug nie.

Amanda Osorio wat Mimi vertolk het, het die Rapport skouerklopprys ontvang. Sy is die stigter van die geselskap Africa Arts wat werk skep vir jong operasangers.

Meer oor:  Woodstock  |  Kaapstad  |  Toneelspel  |  Suidoosterfees  |  Produksie  |  Sang
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.