Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Suidoosterfees
Laat Frazer Barry jou help om liedjies te bou

As jou lied nie uit jou lewe en jou lyf kom nie, behoort dit nie aan jou nie. Dis tyd dat jong liedjieskrywers die baadjies van ander kunstenaars uittrek en hul eie kleure wys. Net dan sal hul drome vlerke kry.

Frazer Barry

Hierdie wyse raad kom van Frazer Barry, ’n man wat self die pad gestap het. Meer as twee dekades gelede het mense hom en sy groep Tribal Echo gespot en uitgelag toe hulle begin het om hul eie stories op hul eie manier te sing. Vandag word hulle as baanbrekers beskou.

Jong liriekskrywers wat eg Suid-Afrikaanse klanke wil skep, kan by hom leer hoe om sukses te behaal by ’n mentorskapprogram wat in September in Paulet-huis in Somerset-Oos gehou word. Belangstellendes kan tot 28 Junie aansoek doen.

Barry sê dat hy jare gelede diep ongelukkig by ’n kunstefees weg is. “Ek het daar in die tente gesit en luister na wat gesing word. Ek het toe gewonder: Waar is ons musiek, ons klanke en ons stories? Ek het besluit dis tyd dat daar oor ons eie lewens in ons eie taal gesing moet word.

“Tribal Echo het daardie pad geloop. Ons het teen die stroom geswem en dit het gewerk. As Engels nie jou taal is nie en Amerika nie jou land nie, kan dinge makliker word as jy ’n spieël nader trek en daarin kyk. Wat jou eie is, maak dinge vir jou makliker.”

Hy vertel hoe liedjieskrywers hom dikwels “met sulke dowwe oë aankyk” wanneer hy met hulle begin werk. Hy het besef mense dink hul eie lewens en plekke waarvandaan hulle kom, is te eenvoudig om oor te sing. Hy gooi dan maar so ’n paar bomme tussen hulle in en hoop die skok skud ’n nuwe besef in hulle wakker.

“Ek skud hulle met min simpatie vir skrywersblok. As jy nie kan verder nie, dan skryf jy daaroor. As hulle te bang is om te ‘swem’, leer ek hulle om eers hul voete in die water te sit. Ek leer hulle dat hulle met die skoene moet loop wat hulle pas. As jou voete nie in ’n nommer 12-skoen pas nie, gaan jy nie ver kom nie. Trek hulle uit en loop in jou eie skoene. Wanneer hulle dit eers regkry, kom daar baie heling.”

Al wat Barry van jong musiek- en liriekskrywers vra, is ’n “oop kop en dat hulle hul ego’s moet wegpak”.

  • Belangstellendes moet teen 28 Junie ’n voorlegging van hoogstens drie voorbeelde van hul lirieke saam met ’n kort motiveringsbrief en CV na theo@jgf.org.za stuur. Ná die program sal deelnemers saam met Barry en ander professionele kunstenaars werk aan ’n produksie wat in 2022 tydens die Suidoosterfees debuteer. Vanjaar was Drome het vlerke, ’n soortgelyke produksie saam met die vorige groep deelnemers, een van die feeshoogtepunte.
Meer oor:  Musiek  |  Suidoosterfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.