Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Suidoosterfees
Stuk vertel ou verhaal, maar bly betekenisvol

Dis asof ek hierdie storie al telkemale gehoor het. Wag so ’n bietjie. Ek het.

Daar is mos Athol Fugard se Boesman en Lena wat net so geloop en reis het van tydelike slaapplek tot blyplek om hul plekkie in die son te probeer vind, of om van hul omstandighede van armoede en ’n alewige stryd met die elemente te probeer ontsnap.

“Vryheid” is die woord wat gebruik word, al weet die protagoniste in die verhaal, Sai (Rozella Mitchell) en Katallies (Quinton Stuurman), nie altyd wat dit beteken nie. Soos hulle die land plat loop, besef die twee dat die betekenis van daai woord vir hulle uiteenlopend is.

Sai (Rozella Mitchell) en Katallies (Quinton Stuurman).

Vir Sai is dit ’n bevryding van haar man se geweld teenoor haar en vir Katallies ’n drang om Nelson Mandela se stem te hoor op die parade waar hy sy eerste toespraak as bevryde man sal lewer en sodoende vir Katallies sy sleutel tot vryheid skenk.

Sai & Katallies dra niks nuuts by tot die verhaal van Boesman en Lena (of enige ander paartjie wat ’n bestaan op straat moet voer) nie. Nie in wat ek al gelees, op die planke of in lewende lywe gesien het nie.

Dit is ’n teks wat presies dieselfde storie vertel, tot in die gebruik van ’n derde naamlose karakter (Joan Jacobs) en hoewel daar nuwe sêgoed en selfs ’n onvergeetlike sin of twee is, het dit net nie genoeg om alleen te kan staan as teaterstuk uit eie reg nie.

Te veel herhaling knel die stuk, hoewel dit bevredigend deur die regisseur, Wendy Anthonie, en haar span gehanteer word. Dit het egter nie die gravitas van die Fugard-stuk nie.

Maar in dieselfde asem moet ons onthou dat dit van kardinale belang is vir die voortbestaan van teater om hierdie menslike, diverse en persoonlike stories aan nuwe gehore bekend te stel.

* Die stuk is nog Sondag om 14:00 op die Suidoosterfees te sien.

Meer oor:  Suidoosterfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.