Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Suidoosterfees
Suidoosterfees vereer weer verdienstelike kunstenaars

Die spieël van verdraagsaamheid, samewerking en aanvaarding van randfigure was ’n duidelike tendens op vanjaar se Suidoosterfees.

Die pryswenners weerspieël wat vanjaar op die verhoog uitgespeel is.

Shaleen Surtie-Richards

Kunstenaars wat ook al diep spore in die plaaslike vermaakbedryf getrap het is ook vereer.

Die gewilde aktrise Shaleen Surtie-Richards is vanjaar die ontvanger van die ATKV Lewensbydrae-trofee. Sy was vanjaar te sien as Fiela in Fiela se kind, wat verskeie speelvakke die afgelope jaar gehad het.

Die Rapport Skouerklop gaan aan Janine Neethling vir haar volgehoue musikale bydrae en prestasie by die Suidoosterfees en ook buite feesverband.

Charlton George is aangewys as wenner van die kykNET & kie-prys as beste toneelspeler vir sy spel in Rokkie, die nuwe drama deur Denver Breda.

Janine NeethlingFoto: Jaco Marais

’n Groep studente wat die spieël en sommer nog ’n kollig daarop ook na gehore opgehou het in Die nuwe republiek van
die nuwe nuwe Suid-Afrika
(NRNNSA) is vereer met die

NATi Jong Ster-prys. Die stuk ontvang die prys vir regie, stel, ontwerp en volle ensemble.

Mercy Kannemeyer is die regisseur. In haar hande kon die akteurs reg laat geskied aan die teks.

Die teks is ontwikkel deur die geselskap studente van die dramadepartement aan die Universiteit Stellenbosch.

In die rolverdeling is Lara de Bruijn, Reuben Murphy, Devonecia Swartz, Conradie van Heerden, Carla Smith, Kristin Pienaar en Hendrik Nieuwoudt.

Die wenkoor van die ATKV/Rapport-koorkompetisie (Harmonie) is Amici de Lumine van Mowbray onder leiding van

Michael-Angelo Cloete.

Charlton George

Die koorkompetisie is georganiseer deur Irma Albers met mentorskap deur die koorkenner Kurt Haupt.

Die wenners in die drie kategorieë van die gewilde Talentsoektog wat vanjaar vir die vierde keer aangebied was, is August van der Westhuizen (saxofoonspeler) in die afdeling vir musiek, Caitlyn Morris (rymkletser) in die afdeling vir performance en dramatiese kunste en Carren Davids in die afdeling dans en beweegkuns.

Twee jong pianiste, Qden Blaaw (13) en Mike Wang (11), ontvang die Brimstone-prys vir beste klassieke optrede vir hul spel in Karnaval van die diere van Camille Saint-Saëns op twee klaviere wat deel uitmaak van die groter orkeswerk.

Die beeldhouer Nanette Ranger het vanjaar vir die 15de Suidoosterfees die SuidoosterTROFEE ontwerp wat voortaan as die amptelike trofee sal dien.

Meer oor:  Suidoosterfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.