Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Suidoosterfees
Towerkaravaantjie maak draai op Suidoosterfees
Bianca Flanders

Die belangrikheid van stories, veral vir kinders, kan nooit genoeg beklemtoon word nie. Daarom het die Suidoosterfees, Nati en die KKNK saamgespan en ’n opwindende kinderteaterproduksie ontwikkel.

Pietersielie en Roosmaryn vertel stories! is van 26 tot 28 April om 10:30 en 13:30 in Kunstekaap op die planke as deel van die Suidoosterfees.

Pietersielie en Roosmaryn is ontwikkel en verwerk uit twee kinderboeke: Prinses Pampoenpit geskryf deur Bianca Flanders en Faizel en die sterre deur Rafiek Mammon. In die produksie word die verhaal vertel van twee karakters wat die wêreld vol reis met hul towerkaravaantjie, op soek na vriende, boeke en kinders om stories mee te deel. Die boodskap aan jong teatergangers is opvoedkundig en fokus op die belangrikheid van verdraagsaamheid, die waardering van mense se uniekheid, om jouself te wees, en natuurlik, die waarde van lees.

Flanders het in ’n onderhoud met Netwerk24 gesê sy het juis Prinses Pampoenpit geskryf omdat sy as kind nooit so ’n boek gehad het nie. Dit handel oor hare en selfaanvaarding.

Hare is nog altyd so ’n omstrede onderwerp in haar gemeenskap, sê sy.

“Dit is iets waarmee ek gesukkel het en dit het lank geneem voordat ek eerlik kon sê ek is gaande oor my hare. As ek deur die storie te vertel net ’n paar meisies die stryd kon spaar waardeur ek is met my hare, dan het ek iets bereik.”

Mammon se Faizel en die Sterre handel oor ’n seun wat anders is as sy maats. Hy verwonder hom saans aan die sterre, speel nie so graag met soldaatjies en karretjies nie, maar wil graag mense laat lag.

Die akteurs Dean Balie en Flanders is in die produksie te sien, saam met poppekarakters wat deur Koos Marais geskep is. Balie het onlangs met ’n handvol Fiësta-pryse weggestap vir sy verhoogstukstuk Die Poet, wie’s hy? Hy het ook ’n kykNET Sinjatuurprys as belowende nuweling ontvang. Flanders het gehelp om die produksie van ’n kleurryke teks en vrolike liedjies te voorsien.

Pietersielie en Roosmaryn bied aan ouers ’n geleentheid om hul kroos tydens die skoolvakansie besig te hou. Die produksie word op 26, 27 en 28 April om 10:30 en 13:30 opgevoer. Streng Covid-19-maatreëls sal geld. Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Vir pakkette vir groepe teen ’n afslagprys, stuur ’n e-pos na Francois.Abrahams@media24.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.