Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Suidoosterfees
Tyd min om vir Suidoosterfees in te skryf

Inskrywings vir die 16de Suidoosterfees sluit op 18 Julie. Die fees word van 25 April tot 1 Mei volgende jaar in Kaapstad gehou.

Volgens die waarnemende uitvoerende hoof, Irma Albers, is die fees op soek na nuwe idees vir ’n fees wat almal kan saamsnoer.

Irma Albers

Daar is vereistes waaraan produksies moet voldoen, byvoorbeeld dat dit tussen 60 en 90 minute lank moet wees. Dit moet geskik wees om in intieme lokale soos die Fluweelkamer, waar sowat 80 mense kan sit, opgevoer te word, of byvoorbeeld vir die operahuis wat 1 400 mense kan huisves.

Daar word na vermaak in alle genres gesoek – drama, musiek (lig, kontemporêr en klassiek), dans en komedie. Dan is diegene wat kort produksies op die piazza wil aanbied, ook welkom om in te skryf.

“Ons is veral opsoek na oorspronklike en nuwe werke,” sê Albers.

Die gewilde koorkompetisie word weer volgende jaar as deel van die fees aangebied. Inskrywings hiervoor sal teen September vanjaar ingewag word. Daar word in vier streke meegeding (Suid-Kaap, Kaapse Vlakte, Swartland en Boland). Die soektog na talent begin ook in September en word in ’n omtrek van 60 km om Kaapstad gehou.

Vir meer inligting, skakel 021 406 2456 of stuur ’n e-pos na suidooster@media24.com of lyndsay.cader@media24.com of besoek | www.suidoosterfees.co.za.

Meer oor:  Irma Albers  |  Suidoosterfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.