Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Bybelverse ‘bly mense by, selfs al verlaat hul kerk’
Chris Jones (links) gesels met Jean Oosthuizen (middel) oor Die Braambos bly brand: nie-teoloë se perspektiewe op Bybelverse. Pieter Malan (regs) het die boek met 36 essays deur verskillende beroepslui help redigeer en saamstel. Foto: Conrad Bornman

Talle van die skrywers wat bydraes gelewer het tot die bundel Die Braambos bly brand: nie-teoloë se perspektiewe op Bybelverse, het erken dat ’n spesifieke Skrifgedeelte hulle bybly selfs al is hulle uit die kerk of nie eens meer Christene nie.

Dít het Vrydag geblyk uit die bespreking van dié bundel by die ATKV-Boeke-oase op die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein. Jean Oosthuizen het die gesprek gelei.

Chris Jones van die Universiteit Stellenbosch se teologiese fakulteit, medesamesteller van die bundel, sê op ’n manier bly iets van die kerk in ’n mens, al verlaat jy ook die kerk. “Die braambos bly brand.”

Die boek Die Braambos bly brand: nie-teoloë se perspektiewe op Bybelverse.

’n Groep uiteenlopende mense in ’n verskeidenheid beroepsvelde is genader om na aanleiding van ’n teksvers ’n essay vir die bundel te skryf.

Die medesamesteller, Pieter Malan, redakteur van Rapport se Weekliks, wat ook gehelp het met die redigering daarvan, sê dit is ’n fout om te dink dat gewone mense niks het om te sê oor so ’n belangrike boek soos die Bybel nie.

“Mense het interessante hoeke waaruit hulle na die Bybel kyk. Die Bybel is ’n ongelooflike geloofskat.”

Jones sê hulle wou ander perspektiewe op die Woord weergee.

“Ons laat mense wat die kerk verlaat net gaan, ons tree nie in gesprek met hulle nie, en ek glo ons kan leer van hul lewensreis.”

Van die temas wat in die boek voorkom, sonder dat die onderskeie skrywers spesifieke voorskrifte gegee is, is die beskouing van die Godheid (waaroor Jean Oosthuizen geskryf het), dood en brooswees (Dana Snyman) en lewe en leef.

Albei samestellers is dit eens dat geen “Bybel-bashing” in die bundel voorkom nie, maar dat “almal reisigers op hul eie pad is”.

Prof. Fanie Snyman, voormalige dekaan van die teologiese fakulteit aan die Universiteit van die Vrystaat, het ná die bespreking opgemerk dat die bundel die Bybel vir baie mense toeganklik maak.

“Dit is nie-teologiese interpretasies en naïewe lees van die Bybel en dek verskillende modusse.”

Lesers word in die voorwoord gewaarsku dat sommige dalk die boek “onthutsend” kan vind.

Jones sê ’n voorbeeld hiervan is Hunter Kennedy, lid van Fokofpolisiekar, se essay “Jesus het gesê moenie ’n dr*l wees nie”.

Meer oor:  Jean Oosthuizen  |  Chris Jones  |  Godsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.