Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Vrystaat Kunstefees: Corneli van den Berg neem waar

Corneli van den Berg, waarnemende uitvoerende hoof van die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein, kry darem nie nagmerries oor dié pos nie.

“Ek dink dit is ’n kombinasie van uitfreak, sowel as opwinding. Dit is mos dieselfde hormoon.”

Corneli van den Berg Foto: Think Digital

Sy neem op 10 April die leisels by Ricardo Peach oor nadat hy die afgelope week bedank het.

“Sy bedanking was ook vir my nuus, maar ek dink sy nuwe pos is ’n groot geleentheid vir hom.”

Peach is aangestel as die uitvoerende hoof van die Australiese Kamermusiekfees in Townsville, Queensland.

“Ek dink hy het ’n aanbeveling gemaak dat ek waarneem. Ek het Dinsdag gesê ek is bereid om dit te doen, al word ek ’n bietjie by die diep kant ingegooi. Gelukkig is daar baie mense, soos Michael Garbett van die Vrynge, by die fees betrokke wat weet wat hulle doen, maar nou moet ek as ’n leier optree.”

Van den Berg is reeds sedert 2012 by die fees betrokke en is sedert 2017 die koördineerder van die literatuurfees.

“Die literatuurfees is ’n mikrokosmos van die algehele fees. Ek het gewerk met boekgeleenthede. So dit is ’n sprong na teater en musiek, ensovoorts. Ek dink ek moet ’n klein blitskursus in die reël van ’n groot fees loop.”

Van den Berg volg Peach op in ’n tyd wat die Covid-19-pandemie beplanning vir feeste en kunstenaars belemmer.

“Ons sal uiteraard nie vanjaar ’n fees van dieselfde omvang kan aanbied soos in die verlede nie. Ons kan nie sale volmaak nie. Ons moet by die reëls en regulasies hou. Ons gaan Saterdae na die Boeremark in Bloemfontein en hulle pas die Covid-19-regulasies toe en dit werk soos ’n bom. Ons wil dit op die feesterrein toepas.”

Snelstroom, die virtuele platform wat die fees verlede jaar begin het, word vanjaar weer aangebied.

“So ook gaan items op die boekprogram regstreeks gestroom word.”

Intussen is aansoeke om tydens die fees op te tree nog oop.

“Ons was nogal altyd oop vir iemand wat sê hy het ietwat van ’n vreemde idee – hy kan dit voorlê.”

Die fees duur van 3 tot 10 Oktober.

Meer oor:  Feeste  |  Kunstefees  |  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.