Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Die Wasgoedlyn hang toorgoed uit

Die Wasgoedlyn is waarskynlik dié belangrikste projek in Afrikaans vir Suid-Afrikaanse musiek waarvan die meeste mense nog nie gehoor het nie.

Die ikoon van Afrikaanse musiek, Gert Vlok Nel, sing hier met Die Wasgoedlyn se vertoning in Die Aas-voëlklub. By hom is Riku Latti op trekklavier. Foto: Charles Smith

Of nog nie behoorlik na die musiek geluister het nie.

Riku Lätti, projekleier, sê Die Wasgoedlyn is al meer as net ’n musiekreeks. Al 125 nuwe musikante se musiek is opgeneem. Dit is nou ’n genre in eie reg, met die musiek wat verskeie tale, style en ritmes oorskry.

Lätti, Churchill Naudé en Gert Vlok Nel het Woensdagaand Die Wasgoedlyn se speellys in Die Aasvoëlklub uitgemaak.

Een daar is groot toorgoed uitgehang. Die klem is op egte, oorspronklike musiek, watter styl dit ookal is.

Die laslap van style en klanke maak die geur van die musiek, sê Lätti.

Daar is gerock (Lätti en sy vrou, Jackie, as agtergrondsanger), gerap (Naudé) en op Nel se melankoliese folk vêr paaie ge-stap.

As min mense al van Die Wasgoedlyn gehoor het, het nog minder mense van Lättie se album Hoop daai boom is oukei gehoor.

Die gelyknamige liedjie waarmee hy met Jackie, Jean Marais, die tromspeler, en Mike Harris op baskitaar die winkelpoppe teen Die Asvoëlklub se mure laat bewe het, is geskryf nadat een van hulle tydens ’n televisieopname by Potchefstroom se dam met ’n motor teen ’n boom gebots het. As manne met ’n groen bewustheid, het iemand droog opgemerk: “Hoop daai boom is oukei.”

Lätti het vertel waar Churchill die naam “Meneer Naudé” (ook sy Facebook-profielnaam) gekry het. Die skrywer en sanger Rian Malan was so beïndruk met sy lirieke/gedigte dat hy ’n boodskap aan die digter Breyten Breytenbach geskryf het: “Jy kry nou soveel kompetisie dat jy hom eersdaags as Meneer Naudé moet aanspreek.”

Almal wat Naudé se songVerdriet gehoor het, sou die groot man met die diep siel as “meneer” aangespreek het.

“Verdriet is ’n dorpie slegs vir blankes. . .” het jou soos die diep bas riff agter die sinne tussen die oë getref.

En die slot: “Verdriet is soos die waarheid: Dit lieg te veel.”

Verdriet is soos die waarheid: Dit lieg te veel.

In Die bloed binne my het hy die bekfluitjie behoorlik laat tjank, wat ’n perfekte aansluiting was by die ikoon van Afrikaanse musiek, Gert Vlok Nel, wat ná om opgetree het.

Die fluisteringe wil dit hê dat Gert nie meer so gereeld noord van die Gariep gaan optree nie.

En daarom was die songs oor sy tuisdorp Beaufort-Wes en pynlike liefde soos reën oor die Groot Karoo.

“Sonder Gert is ons kompas nie ware noord nie. Dankie, Gert. ’n Reis met jou is ’n reis vol ware plesier,” het Lätti van die skaam sanger met die mooi woorde gesê.

“Dankie, julle is dierbaar,” het Gertjie gesê.

Soos Die Wasgoedlyn se bekendste song lui: “Staan nader, staan nader. . .

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein  |  Musiek  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.