Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
‘Ek dink nie Markus Jooste voel hoegenaamd skuldig’

“Dit is nie onwettig nie, maar ons moet vra of dit so moet wees,” sê James Brent-Styan oor die toenemende gebruik van buitelandse adresse vir belastingdoeleindes. Hoe dit werk, is dat ’n maatskappy sy amptelike adres in die buiteland, Nederland in Steinhoff se geval, verskaf om laer belastingskoerse te betaal.

TJ Strydom en James Brent-Styan gesels oor wat eintlik met Steinhoff gebeur het. Foto: Conrad Bornman

Dit skep ook verwarring wanneer dit by aanspreeklikheid kom. Ook dit was in Steinhoff se geval baie nuttig.

Theuns du Buisson het met TJ Strydom en James Brent-Styan gesels oor wat eintlik met Steinhoff gebeur het.

Al drie is dit eens dat Christo Wiese waarskynlik nie van die ongerymdhede by Steinhoff geweet het nie. “Die deal was vir hom net te goed om verby te laat gaan,” sê Strydom.

James beaam dit en sê dat Wiese omtrent vier keer die waarde wat Braite aan Pep geheg het, daarvoor ontvang het.

Iemand wat wel na alle waarskynlikheid van alles geweet het, is Markus Jooste. Saam met hom is dit ook hoogs onwaarskynlik dat Ben le Grange nie geweet het nie. Mense vra graag hoe Jooste met sy gewete saamleef en hoe hy in die nag geslaap kry.

Brent-Styan het ’n eenvoudige antwoord hierop. “Ek dink nie Markus Jooste voel hoegenaamd skuldig nie. Daar is psigopatiese elemente daar. Hy paradeer nog gereeld in die wynlande.”

Nog ’n onderwerp wat deur lede van die gehoor, veral ’n B.Rek-student, Johan Kriek, aangeroer is, is die aanspreeklikheid van ouditeurs en maatskappye.

“Onthou, ouditeure is nie daar om korrupsie te soek nie. As die strokies reg is en die boeke klop, is die ouditeure tevrede,” het Strydom die gehoor herinner.

Hierop het Brent-Styan gereageer deur te vra of dit so moet wees. Hy meen ouditeure moet baie meer aanspreeklikheid aanvaar.

Hoewel beide skrywers gekant is teen oormatige regulering, meen hulle dat aandeelhouers en reguleerders maatskappye meer aanspreeklik moet hou.

“As ’n maatskappy nie aan die vrywillige standaarde voldoen nie, moet mense doodeenvoudig nie daarin belê nie,” is Strydom se raad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.