Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Gavin word 63 op die fees

Dit gaan uitstekend met hom en daar skort niks met sy gesondheid nie, sê die befaamde akteur Gavin van den Berg.

Gavin van den Berg koekeloer op sy 63ste verjaardag ’n koek na afloop van sy optrede indie klugkomedie Koekeloer! Foto: Conrad Bornman

Hy het Dinsdag sy 63ste verjaardag gevier.

Van den Berg is vandeesweek op die planke in die klugkomedie Koekeloer! waarin hy die rol van ’n dominee, ds. Vilonel (Voëltjie) de Groot, speel.

“Die stuk maak my fiks en hou my fiks,” sê hy.

Volgens hom was die gerug wat “vir agt, nege, tien jaar geloop het” dat hy ’n vigslyer is, net ’n bespiegeling.

“Jy verloor 10kg vir iets, 5kg vir nog iets, dan doen Huisgenoot ’n artikel met jou en skryf die persoon ‘ek het hom ’n drukkie gegee en o ek voel net bene, hoe siek is hy’. Dan bel akteurs jou en vra ‘is jy siek, het jy vigs?’ Dan loop die storie. Ek weet nie hoe dit versprei het nie. Baie mense het dit vir lank geglo.”

Koekeloer! is die derde klug wat Van den Berg in sy loopbaan aanpak. Dit het verlede week by die Innibosfees gedebuteer.

“Dis spanwerk, soos om rugby te speel. Jy moet jou bewegings ken. Tydsberekening is onsettend belangrik. Ek het vir wenke gegaan by ’n dominee wat ek ken, want ek was nog nooit in ’n Afrikaanse kerk nie. Het my gemakliker laat voel.

“Soos die toneel vorder, rafel die dominee lekker uit.”

Van den Berg het groot bekendheid verwerf vir sy rol as Jacques Rynard in die TV-reeks Ballade vir ’n Enkeling wat die eerste keer in 1987 uitgesaai is.

Herken baie mense hom nog?

Gavin van den Berg sê om in die klugkomedie Koekeloer! te speel hou hom fiks. Foto: Conrad Bornman

“Ja party van die ouer mense sal met my oor die ou dae gesels. Of party mense wat Ballade onlangs weer op ’n TV-kanaal gesien het, sal sê: ‘Jissie, oom het oud geword!’ ” lag hy.

Johan van der Merwe, assistent-regisseur van Koekeloer!, sê Van den Berg “is hopeloos te nederig”.

“Ons kan nie op die feesterrein beweeg sonder dat mense hom voorkeer vir ’n selfie nie. Almal onthou hom. Hy is hoogs professioneel en dis ’n voorreg om met hom te werk.”

Van den Berg was in die laaste anderhalf dekade min op die verhoog.

Sy laaste verhoogwerk voor Koekeloer! was Die vrou uit die see in 2016 en Bye Ma, Jaypee in 2011.

“Wanneer daar nice goed is, sal ek dit doen. In die verlede het daar te veel goed oorvleuel, soveel so dat ek soms met drie goed gelyk mee besig was.

“Ek doen ’n bietjie tuinbou en maintenance vir die pret. Ek skryf baie gedigte. Ek sal graag eendag wil publiseer.

“My pa was ’n konsu en is geblameer hy het vir Dimitri Tsafendas (Hendrik Verwoerd se moordenaar) in die land toegelaat. My pa het sy weergawe daarvan geskryf. Ek is nou besig om dit te vertaal. Dalk kan dit nog gepubliseer word.”

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.