Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
‘God hou van teater en is ons genadig’

Met die ekonomie wat knyp en werk wat skaars is, kry Frans Swart, uitvoerende beampte van Lefra Produksies, dit steeds reg om goed na ’n klomp werknemers en akteurs om te sien.

Frans Swart, uitvoerende beampte by Lefra Produksies. Foto: Bibi Schoeman

Frans bied vanjaar vier produksies op die Vrystaat Kunstefees aan, met 18 akteurs wat daarin speel.

Almal moet repeteer, blyplek en kos hê en salarisse betaal word.

Hoe kry hy dit in hierdie moeilike ekonomiese omstandighede reg?

“Ek moet seker mal wees,” sê hy en lag.

“Mense moet besef hierdie is show business. ’n Show moet gehore trek en dan geld maak.”

In 30 jaar het nog niemand vir Lefra Produksies gefinansier nie. Ja, daar is borge vir vervoer, produkte, en dies meer, maar die produksies moet geld maak sodat almal vir hul werk betaal kan word.

Swart sê die maak nie saak of hy dink ’n produksie is goed nie. Dit hang uitsluitlik van die gehoor af of dit die moeite werd is.

Kom die mense nie kyk nie, moet hy die produksie skrap.

Die teaterbedryf is so bietjie soos ’n dobbelspel.

“Die gehoor is die dobbelstene en bepaal of ek volgende maand my huis gaan betaal of nie.

“Dit is regtig ’n tight balancing act.”

Hy sê Lefra Produksies glo in wat hulle doen.

Hulle fokus ook baie op bemarking.

Ja, soms maak hulle ’n verlies. En soms maak hulle ’n wins.

“Ons is net te Goddank bly as ons gelyk breek,” sê Swart.

“Ek dink regtig God is ons genadig en Hy hou ook van teater, want Hy sorg elke dag.”

  • Die vier produksies wat Lefra Produksies op die Vrystaat Kunstefees aanbied, is Die rypmaakkamer, Die pomporrelkonsert, Groet die Grotman 2 en My oom se vrou se plekkie.
Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.