Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Goeie Foot-werk bring ‘Kamphoer’ by Vrystaat-fees op die planke
Lara Foot

Die regisseur Lara Foot maak met die eenvroustuk Kamphoer oor ’n vrou se verkragting gedurende die Anglo-Boereoorlog vandeesweek haar Afrikaanse debuut by die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein.

Sandra Prinsloo vertolk die rol van Susan Nell in dié stuk, vervaardig deur Theatrerocket, geskoei op Francois Smith se gelyknamige roman.

Dit is gegrond op ’n ware verhaal van ’n vrou wat in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir dood agtergelaat is. Jare later kom sy weer die mense teë wat haar hierdie leed aangedoen het.

“Ek is mal oor wat teater met ’n komplekse storie kan verrig,” sê Foot, wat al stukke soos Tshepang: The Third Testament oor ’n nege maande oue baba se verkragting aangedurf het.

“Ek doen wel ligter stukke ook, maar die aktuele onderwerpe van die lewe werk vir my nommerpas op die verhoog.”

In Kamphoer dra Susan ’n letsel en jare later word sy op ’n ander vasteland met haar verlede gekonfronteer.

Sandra Prinsloo
Sandra Prinsloo in Kamphoer. Foto: Vrystaat Kunstefees

Dit sal Foot se eerste Afrikaanse stuk wees wat sy aanpak.

“Ek het baie lank gelede ’n ATKV-produksie met die naam Skewe sirkel geregisseer, maar dit is my eerste professionele Afrikaanse werk en ek is baie dankbaar vir die uitdaging. Ek het in Pretoria grootgeword, so ek verstaan die taal 100%, maar my uitspraak het verswak. Ek kom agter dat ek met hierdie stuk baie fyner na ritme moet luister.”

Foot en Prinsloo ken mekaar al langer as 25 jaar en sy wou nog altyd saam met Prinsloo werk. Dit is vir Foot ’n plesier om nou vir die eerste keer die geleentheid te kry.

“Dit is sy wat my van die teks vertel het. En dis hoe ek betrokke geraak het. Noudat ek saam met haar werk, kan ek verstaan waarom sy so ’n goeie naam opgebou het. Daar is ’n diepte aan haar vertolking en sy is altyd op soek na die waarheid.”

* Vertonings by die Hoërskool Jim Fouché is Woensdag om 20:00, Donderdag om 20:30 en Vrydag en Sondag om 10:00. Kaartjies kos R140. Bespreek by Computicket.

Dit word van 6 tot 9 Augustus in die Kunstekaap opgevoer en dit is ook op die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom op die planke.

Meer oor:  Kamphoer  |  Vrystaat Kunstefees  |  Sandra Prinsloo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.