Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Inskrywings vir Vrystaat-fees se ‘Wolkewinkel’ nou oop

Uitstallers op die Vrystaat Kunstefees het nou die geleentheid om op die nuutgestigte Wolkewinkel aanlyn sake te doen.

Atie Kamper, die Wolkewinkel se organiseerder, en Ricardo Peach, die Vrystaat Kunstefees se feesdirekteur Foto: Bloemnuus

Atie Kamper, organiseerder van die kunsmark, het dié woord geskep en sê die winkel is “spesiaal begin om groter sigbaarheid aan uitstallers en hul produkte asook meer besigheid te bied”.

Om deel te word van die platform is ’n eenvoudige proses en boonop gratis.

Elke handelaar kan voorlopig vir die verkoop van vyf produkte aansoek doen, wat landwyd deur die kunstefees se sosialemediaspan bemark sal word. Foto’s van die produkte is noodsaaklik en kan aangeheg word deur die aanwysings op die aansoekvorm te volg.

Kamper sê sy bied ook ’n aansporing aan: Die eerste agt deelnemers sal geen persentasie van hul inkomste uit hul eerste vyf bestellings aan die Vrystaat Kunstefees hoef af te staan nie. Daarna word 10% op die verkope vir die fees gehef.

Sy wys ook daarop dat uitstallers die koerierkoste, feesheffing en die persentasie aan die finansiële instansie wat die betalings hanteer, vir die produkkoste moet bereken.

’n Webinaar word op Donderdag 20 Augustus van 14:00 tot 15:00 gehou oor die funksionering van die Wolkewinkel en waar uitstallers vrae kan vra om onsekerhede uit te skakel. ’n Amptelike uitnodiging sal gestuur word om aan die webinaar deel te neem. Belangstellendes kan Isabel Lock by isabel.lock@gmail.com kontak.

Die aansoekvorm is by https://www.vrystaatkunstefees.co.za/wolkewinkel-inskryfvorm/ te kry.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.