Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Ja, mense wíl oor die dood praat

Die goeie verkope van ’n bundel oor die dood en mense wat in getalle by boekbesprekings daaroor opdaag, is vir die samesteller daarvan dalk tekenend dat mense daaroor wíl praat en wil weet, eerder as om dit heeltemal te wil vermy.

Die onderwerp van die dood is Woensdag op die Vrystaat Kunstefees aangeroer. Van links is Francois Smith (gespreksleier), Tobie Wiese (samesteller van die bundel Wreed & mooi is die dood: verhale van verlies, hunkering en heling) en Annelie Botes (bydraer tot die bundel). Foto: Conrad Bornman

Tobie Wiese, samesteller van die bundel Wreed én mooi is die dood: verhale van verlies, hunkering en heling het Woensdagmiddag met Francois Smith (gespreksleier) en Annelie Botes oor die boek gesels. Botes en ander groot Afrikaanse skrywers het by-draes tot die bundel gelewer “om die stilte oor die dood te verbreek”.

Wiese sê die boek probeer nie die misterie van die dood ophef of beantwoord nie.

“Ek dink nie daar is ’n maklike antwoord op daardie vrae nie. Niemand het die finale antwoord nie, dis dalk hoekom dit so ’n goeie onderwerp is.

“ ’n Mens kan of woedend wees oor die dood, of daardie bewustheid van ons eindigheid kan ons help om op ’n ander manier na die lewe te kyk; met verwondering en volslae dankbaarheid.

“As ons ’n gesonde besef van die dood het, kan dit ons soveel help om ’n sinvolle lewe te lei. Ons het immers niks gedoen om die lewe te kry nie. Dis ’n geskenk,” sê Wiese, ’n skrywer en oudjoernalis.

Volgens hom bestaan die bundel nie net uit ’n spul tragiese verhale nie. “Die vertellings gee ook insig en wek empatie. Dit gee jou ’n gevoel dat ander al deur hierdie proses is.”

Ek is gefassineer deur die dood en vrees dit absoluut geensins nie.

Botes het die gehoorlede gereeld aan die glimlag gehad oor die humoristiese wyse waarop sy die dood benader.

“Ek is gefassineer deur die dood en vrees dit absoluut geensins nie. Ek het as kind baie mense en diere aan die dood afgestaan. Dit voel asof ek die dood ken. Ek droom dit soms.

“Die dood is nie iets om oor te lag nie, maar as dit kom, dis vir my so verpletterend om te dink dat jy daai dag so hartseer moet wees. Die dood is onafwendbaar, so kom ons maak dit makliker. Kom ons praat daaroor en sê hoe ons dit (die afskeid) wil hê.”

Smith het verwys na mense wat grappe oor begrafnisse en verassing maak en dat dit moontlik ’n manier is om oor die dood te praat of om dit op só ’n wyse te vermy.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Annelie Botes  |  Tobie Wiese  |  Bloemfontein  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.