Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
‘Jammer oor al die #@&’

Ná elke Katvoet-opvoering kom sê die akteurs vir hulle jammer dat hulle so verskriklik op en rondom hul gevloek het, sê die drie jong sussies wat daarin speel.

Van links is Inge (12), Nina (10) en Mia (14) Dippenaar, drie sussies van Durbanville wat rolle in die toneelstuk Katvoet vertolk.Foto: Conrad Bornman

Mia (14), Inge (12) en Nina (10) Dippenaar maak almal ’n verskyning op die verhoog. Nina het ’n paar lyne.

“Tinarie van Wyk Loots, wat my tannie speel, vloek baie erg op my, maar vra elke keer agterna om verskoning,” sê Nina.

“Ná elke opvoering druk Martelize (Kolver, wat haar ma speel) my styf was en sê ‘jammer, jammer’,” sê Inge.

Hulle het vanjaar al op die Woordfees, KKNK en Innibosfees gespeel en is ook op vanjaar se Aardklop op die planke.

Nico Scheepers, regisseur van Katvoet, was op soek na drie kinderakteurs. Die Dippenaar-sussies is deur ’n kollega Hennie van Greunen aanbeveel wat hulle al drie verlede jaar in die private skool Curro in Durbanville se musikale blyspel The Sound of Music gesien het.

“Nico het ons kom sien en was duidelik oor presies waaroor die stuk gaan en die sterk taalgebruik daarin,” sê ma Marguerite.

“Ek en my man, Chris, het die kinders deeglik voorberei. Nico het ’n slag met kinders. Dit het ons gemoedsrus gegee om te kan terugstaan en te weet hulle is veilig.

“In die stuk breek die kinders dikwels die spanning wanneer hulle in ’n vertrek instap waar die familie aan die baklei is. Die kinders wys hoe dinkfunksioneel die gesinne is,” sê Marguerite.

Scheepers beskryf die Dippenaars as ’n droom om mee te werk.

“Katvoet is rof in terme van die vloekery, laster en seks, maar die drie vat dit net in hul stride. Hulle maak grappies met die volwasse akteurs en speel wegkruipertjie op die verhoog totdat die verhoog oopmaak.”

Volgens Mia, wat graag ná skool in die bedryf wil werk, moet sy soms haarself knyp as sy langs iemand soos Marius Weyers sit.

“Dis ’n ongelooflike ervaring om saam met hierdie mense te werk.

“Hulle is só vriendelik en nederig. Ek leer baie by hulle.”

Volgens die Dippenaars kan geen van hulle vriende na hul op die verhoog kom kyk nie. ’n Ouderdomsbeperking van 16 geld vir die toneelstuk.

“Ek sê maar net elke keer ‘nee jammer, maar kom ek vertel jou ’n bietjie van die stuk’,” sê Inge.

  • Katvoet. Wynand Mouton. Vandag om 09:30 en môre om 19:00.
Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.