Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
‘Kamphoer’ wen Blinker-prys
Sandra Prinsloo in Kamphoer, wat as die beste Suid-Afrikaanse debuutwerk op die afgelope Vrystaat Kunstefees aangewys is. Foto: Vrystaat Kunstefees

Die drama Kamphoer: Die verhaal van Susan Nell is as die beste Suid-Afrikaanse debuutwerk op die afgelope Vrystaat Kunstefees aangewys en die akteur Chris Vorster is vereer as die beste Vrystaatse kunstenaar vir sy spel in Die hart verklap.

Elk ontvang ’n Blinker-prys, wat prestasie op dié fees, wat elke winter in Bloemfontein gehou word, vereer.

Die Blinkers is pas op ’n elegante geleentheid in die Seisoen-restaurant in die Rosestad oorhandig.

Die beste musiekproduksie op die fees is Veertig vingers van Charl du Plessis, Albie van Schalkwyk, Elna van Vuuren en Pieter Grobler. Die eenmanstuk Die hart verklap, ’n verwerking vir die verhoog van Edgar Allan Poe se klassieke verhaal van obsessie, vervolgingswaan en moord, is ook as beste Vrystaat-debuutproduksie vereer.

Chris Vorster

Die ander wenners is:

Die beste boekverkoper: Wreed én mooi is die dood deur Tobie Wiese (Exclusive Books-stalletjie)

Lewende en interdissiplinêre kuns: The Vertical Journey: A Tribute to the Still Unknown – Marcus Neustetter

Visuele kuns: Footprints – Andrew Tshabangu

Dansdebuut: Tehuis – Mark Dobson

Kinderteater: Archipelago – ACT3 en Schoemé Grobler

Prestasie op die randfees, Vrynge:

Nasionale produksie: Moord, op die 8ste gat van Regardt Visser

Vrystaat-produksie: Portret met regie deur Michelle Hetzel

Beste visuele kuns: The House on Freedom Square met regie Christine Scoggin

Toekenningsaandborg: Kunstetrust

Die pryse is moontlik gemaak deur NATi, die Phatshoane Henney-groep, die Kunstetrust en Exclusive Books.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.