Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Kenner los bom oor swart mense se landbouvermoë

’n Politieke kenner se stelling dat die meeste swart mense in Suid-Afrika nie bekwaam is om grond in Suid-Afrika kommersieel te bedryf nie, het vir ’n opskudding op ’n gespreksreeks op die Vrystaatse Kunstefees gesorg.

Prince Mashele

Prince Mashele, ’n politieke ontleder, se stelling dat die meeste swart landsburgers nie grond nodig het nie, is op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Denkleiers-gespreksreeks gemaak.

Hy is deur swart studente hieroor as “agterbaks” uitgekryt.

Mashele het die uitlating gemaak op ’n gespreksessie oor ekonomiese groei en werkloosheid wat onder die leiding van Max du Preez, redakteur van Vrye Weekblad, gehou is.

Die ander paneellede was Annabel Bishop, hoofekonoom by Investec, prof. Philippe Burger, vise-dekaan van die fakulteit ekonomie en bestuur aan die UV, en Dawie Roodt, direkteur en hoofekonoom van die Efficient Group.

Mashele het gesê as ’n opgevoede swart landsburger grond nodig het vir kommersiële doeleindes, het hulle reeds toegang daartoe.

“Maar die swart burgers van ons land het nie die nodige vaardighede om die grond tot hulle besit doeltreffend te kan gebruik nie.

“Die meeste van die swart Suid-Afrikaners wat grond het, gebruik dit vir ydele doeleindes. Soos Cyril Ramaphosa. Hy het baie plase in Mpumalanga waar hy met Ankole-beeste uit Uganda boer. Dit is meestal om ydele redes, om naweke na sy beeste te gaan kyk.

“Thandi Modise het ’n belang in grond gehad, toe kry sy dit. Kyk wat het daarmee gebeur. Gwede Mantashe het ook baie grond.”

Niemand vertel dié waarheid nie, want die waarheid pas nie die EFF nie, het hy gesê.

Hulle is nie op soek na grond nie, hulle is op soek na werksgeleenthede.

Hy het gesê die meeste EFF-lede val nie mielieplase in die Vrystaat binne nie, maar grondbesettings vind plaas buite stede waar hulle hul sinkhuise wil oprig.

“Hulle is nie op soek na grond nie, hulle is op soek na werksgeleenthede.”

Hierop het ’n ontstelde swart gehoorlid na Mashele as “agterbaks” verwys.

“Grond verteenwoordig ons waardigheid en ons as swart mense voel soos vreemdelinge in ons land.

“Grond kan aansluit by ons spiritualiteit; dis ons kultuur en tradisies. So die feit dat jy sê swart mense het nie die grond nodig nie, kan baie probleme veroorsaak.”

Roodt het gesê die fokus in die debat oor werkskepping moet verskuif na welvaartskepping. So sal ’n oplossing tot werkloosheid outomaties volg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.