Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Knap aktrise red ‘Koekeloer!’

n Pretoriase aktrise moes tot die redding van ’n produksie op die Vrystaat Kunstefees kom nadat haar voorganger, wat boonop die hoofrol sou speel, kort voor die debuutopvoering onttrek het.

Erna Jo sou die rol van Marie, ’n vrou naby aan haar 50’s, in die klugkomedie Koekeloer! vertolk, maar moes haar om gesondheidsredes onttrek slegs twee weke voor dit verlede week op die Innibosfees gedebuteer het.

Die aktrise Roché van Blerk wat die hoofrol in Koekeloer! speel, moes inderhaas gevra word om die rol oor te neem. Foto: Ruan Bruwer

Roché van Blerk wat met Skaam, ’n DEURnis-produksie (waarin daar net vir een gehoorlid gespeel word) na die Grahamstad Nasionale Kunstefees op pad was, is inderhaas genader om die rol oor te neem. Sy het die rol drie dae voor die eerste kleedrepetisie aanvaar.

Die res van die geselskap was toe reeds vyf maande aan die voorberei.

“Ek het niemand geken wat op so ’n laat stadium die rol sou kon oorneem nie,” sê Johan van der Merwe, die medevervaardiger en -regisseur van Koekeloer!

“Roché het ’n haas uit die hoed gepluk en dag en nag haar woorde geleer. Ek is baie bevoorreg en dankbaar teenoor haar.”

Van Blerk sê sy moes mooi gaan besin of sy daarvoor kans sien. Die hele teks is nagenoeg 100 bladsye, waarby sy by sowat 70% van die tonele betrokke is.

“Ek sien myself nie eintlik as ’n komiese akteur nie en ek moes myself afvra of die karakter wat ek sou speel binne my raamwerk val. Karakters in klugte is dikwels baie stout. Ek het boonop nog nooit vantevore in ’n klug gespeel nie. Meeste mense is bang daarvoor. Dis nie almal se maat nie.

“Wat die deurslag gegee het, was die feit dat ek al die akteurs in die stuk persoonlik ken en hulle wou uithelp. Dit was die grootste uitdaging van my akteursloopbaan, maar ek is baie lief vir ’n uitdaging.

Roché van Blerk speel die rol van ’n vrou na aan haar 50’s in Koekeloer! Foto: Verskaf

“Dit was ’n groot besluit en ek het maar getwyfel of ek dit sou kon doen. Maar toe ons die eerste keer voor ’n gehoor tydens ’n kleedrepetisie speel en hulle lag en geniet dit, het ek besef ek kán,” sê Van Blerk.

  • Koekeloer! Hoërskool Jim Fouché. Saterdag om 19:30.
Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.