Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Kom kuier in die Netwerk24-feeskafee by die Vrystaat Kunstefees
z

Die Netwerk24-feeskafee sal vanjaar weer op die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein wees. Kom maak ’n draai!

Hier is als wat jy moet weet:

Waar is die feeskafee?

Jy sal ons vind tussen die Sceana-teater en die Eeufees-kompleks op die kampus.

Die Sake-en-sauvignon-gesprekreeks

Hierdie gesprekreeks word daagliks van 26 tot 28 Junie aangebied. Die gespreksleier is Theo Vorster, ekonoom en skrywer. Toegang is gratis en Netwerk24-intekenare sal ’n gratis glas wyn kry om gedurende die gesprek te geniet. Elke middag sal Theo en ander kenners ’n ander onderwerp bespreek.

  • Woensdag 3 Julie: 16:00

Wanneer is genoeg nou eintlik genoeg – die somme agter beleggings, aftrede en die duurste foute wat mense maak.

  • Donderdag 4 Julie: 16:00

Diversifikasie en oorsese beleggings – hoe, wanneer en die gevaarligte om voor uit te kyk.

  • Vrydag 5 Julie: 16:00

Oorgenerasie-welvaart – van R1 miljoen tot R100 miljoen, wat is die kernbeginsels, foute en flaters?

Teken in op ons spesiale feesaanbod

Word ’n Netwerk24-intekenaar en jou eerste twee maande is gratis.

Jy kry ook ’n geskenksak, ’n Feeskafee-geskenkbewys van R100, ’n reisbeker met ’n gratis koppie koffie en ’n Weg! Agterpaaie-DVD.

Ons feesverteenwoordigers sal jou help met enige Netwerk24-verwante vrae.

z

Wat is nog in die feeskafee?

Jy kan verskeie handelsnaamprodukte van Netwerk24 en Afrikaanse tydskrifte soos Sarie, Weg! en Huisgenoot koop. Kom kies vir jou lekker leesstof in die ATKV-boeke-oase of kom sit en ontspan met ’n lekker koppie koffie.

Sien jou daar!

Meer oor:  Kyknet  |  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.