Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Kuier op Vrystaat Kunstefees met kos en kunstenaars!
Daniel Wesley

Kole & Kerslig is ’n nuwe ini­siatief van Volksblad wat vanjaar vir die eerste keer op die Vrystaat Kunstefees aangebied word.

Dit word in die Volksblad-tent agter die Odeion aangebied en bied aan feesgangers die geleentheid om heerlik aan eg Suid-Afrikaanse geregte te smul terwyl hulle deur kunstenaars vermaak word.

Die kunstenaars wat op die onderskeie aande by Kole & Kerslig optree, is Daniel Wesley (3 Julie), Dewald Wasserfall (4 Julie), Suzzi Swanepoel (5 Julie) en Liezel Pieters (6 Julie).

Wesley het solank ietsie meer oor homself verklap en ’n paar vrae van Volksblad beantwoord.

Wat is die grootste wanindruk wat mense volgens jou van Bloemfontein het?

Ek dink nie regtig dat daar ’n wanindruk is nie. Inteendeel, mense is reg oor wat hulle dink van Bloemfontein en dit is: Hier woon lekker mense!

Watter CD’s het jy tans in jou motor en hoekom?

Old Dominion en Chris Stapleton.

Old Dominion het een van die mees verfrissende klanke, terwyl Stapleton hart- en sielmusiek is.Watter kitaar verkies jy: Cole Clark, Fender, Taylor of Gibson, en hoekom?

Ek speel self ’n Cole Clark-kitaar en het al Taylor en Martins gespeel, maar ek het nog nie ’n klank soortgelyk aan die Cole Clark gehoor nie. Wat elektriese kitare betref, is ek mal oor die twang van ’n Fender Telecaster.

Wat is tot dusver die hoogtepunt van jou loopbaan?

Dat ek en my vervaardiger, Daryll de Lange van Musicology, tans besig is om ons derde liedjie saam met James Breedwell te skryf. Breedwell het al vir Blake Shelton, Mitchel Tenpenny, Florida Georgia Line en ook vir wenners van America’s Got Talent en X-Factor USA liedjies geskryf. So groot dinge is in 2020 op pad.

Hoe sal jy jou musiekstyl be-­skryf aan diegene wat dit nie ken nie?

My musiekstyl is modern of, soos hulle dit noem, “new country”. Ek dink dis ’n mengsel tussen Keith Urban en die ikoniese Bryan Adams en dan bring ons so ’n bietjie die moderne smaak van Old Dominion in met nuwer en meer onlangse liedjies. Gaan luister by danielwesleyafrica.com en laat weet my!

Vrystaat Kunstefees
Vrystaat Kunstefees

Op elke aand se Kole & Kerslig-spyskaart is pap-en-boereworsstokkies en roosterkoek met botter en konfyt as voorgereg. Die hoofgereg is gebraaide hoenderdye en beessosaties, groentetert, paptert, knoffel­aartappels en mielies. Die nagereg is ’n heerlike winter-kluitjiepoeding met vla.

’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees. Die deure open om 18:00 en die vertonings begin om 19:00. Kaartjies kos R350 per persoon en sluit die vertoning en ete in. Private toiletgeriewe is ook beskikbaar.

Kaartjies is reeds by Computicket beskikbaar.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Kos  |  Musiek  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.