Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
KYK: Anna Davel gee Jaco Jacobs se kinderrympies lewe

“Hier kom ’n kabouter met ’n rooi hoed aan. Wat wil hy hê, waar kom hy vandaan! Hy sê hy kom van die land van Kammalielie. En hy het al die pad gekom om jou te kielie!”

Net die kinderrympiekoning Jaco Jacobs en Anna Davel kan dit regkry om ’n jaar oue baba se onverdeelde aandag vir ’n volle tien minute te behou.

Mattie Pienaar sit met haar kleinseun, Benjamin Bornman, by haar en luister na die Bloemfonteinse kinderboekskrywer Jaco Jacobs (agter op die stoel) se rympies wat Anna Davel getoonset en gesing het vir Rondomtalie wat Woensdag by die Netwerk24 Feeskafee op die Vrystaat Kunstefees gehou is.Foto: Conrad Bornman

Dit is presies wat Woensdagoggend in ’n jolige Netwerk24 Feeskafee gebeur het toe Davel sy rympies nuwe lewe gegee het op die Vrystaat Kunstefees.

Sy het Jacobs se rympies, soos “Kattemaai” en “Klop, klop, klop”, gesing wat sy self getoonset het vir die kinderteater Rondomtalie.

Rondom haar klouter al die karakters die verhoog uit: Bambino, die reus van Bitterbos, die Kieliekabouter, en Kattemaai die kat, gespeel deur Schoeme Grobler van PuppeTrix, die Bloemfonteinse poppeteater.

Davel draai ’n see van laggende haasbekkies om haar pinkie met dansies, liedjies, rympies, en ’n ontploffing van vere en later seepbelle wat saggies op haar swart haredos vol krulle land.

Jacobs sê dit is vir hom ’n verbysterende ervaring om sy rympies so te sien lewe kry.

“Dit is ’n heerlike ervaring. Min mense weet om ’n rympie te toonset is ’n baie komplekse proses. Ek het geen musikale kennis nie, so ek bewonder haar daarvoor.”

Kinders is ’n baie ontvanklike gehoor met wie skrywers baie pret kan hê, sê hy.

“Ek hou van die soort dinge waarvan kinders hou – ek hou van pret en snaakse stories, en kan net hoop hulle geniet dit so baie soos ek.”

Elmien Venter van Bloemfontein se jaar oue dogtertjie het gedurende die stuk vir tien minute lank vasgenael op haar ma se skoot gesit.

Ook ouer kleingoed het aanklank gevind daarby. Floris Coetzee (4) sê die stories was baie oulik. “Baie, Tannie!”

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Jaco Jacobs  |  Feeste  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.