Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Molestering-draak in jeugboek gepak

Een uit drie kinders word mishandel. Dít is die statistiek waarmee die gehoor gister by die bespreking van die Fanie Viljoen-boek, Die dag toe die draak kom, in die Netwerk24-Feeskafee begroet is.

Fanie Viljoen, Bloemfonteinse jeugboekskrywer. Sy jongste boek, Die dag toe die draak kom, is pas uitgereik

Fanie sê hy het die boek geskryf nadat hy die fliek, Spotlight, gekyk het.

“Ek het daardie aand gewonder wat ek daaraan kan doen. Toe dink ek, ek is ’n kinderboekskrywer, ek gaan ’n boek oor kindermolestering skryf.”

In die Engelse en Afrikaanse weergawe van die boek wat ook afsonderlik vir seuns en dogters geskryf is, word die verhaal vertel van ’n ouer sussie wat seksueel misbruik word en die jonger sib, wat die hoofkarakter in die onderskeie boeke is, moet raai wie die “draak” is. Die draak is simbolies en omdat die onderskeie hoofkarakters ’n seun en dogter is, kan kinders hulle met die storie identifiseer,” sê Fanie.

Hy sê dit was ’n kuns om die boek te skryf, want hy moes die balans hou tussen om ’n goeie storie te skryf wat kinders aan die lees sou hou en die oordrag van inligting “sonder om te preek”.

Langs hom op die bank was dr. Marianne Kotze, wat haar opleiding in huisartskunde en forensiese geneeskunde het.

Sy sê 80% van alle oortreders is aan die slagoffers bekend. Sy sê dat kinders nie noodwendig oor die regte woordeskat of kennis beskik wanneer dit by kindermolestering kom nie.

“Ons moet ons kinders die verskil tussen regte en verkeerde aanraking leer, maar kinders weet nie wat reg of verkeerd is nie, daarom moet ons hulle vra hoe dit (die aanraking) hulle laat voel. As jy bang of sleg voel, is die aanraking verkeerd.”

Ouers word aangemoedig om die boek saam met hul kinders te lees en as wegspringplek te gebruik om oor die onderwerp te praat.

Fanie sê kinders moet weet van die veiligehand-konsep. “Kinders moet vyf persone identifiseer waarmee hulle kan praat as hulle in die moeilikheid beland.

“As die een vinger nie luister nie, moet die kind na die volgende persoon gaan.”

Mariaan sê seksuele misdade moet aan die polisie gerapporteer word.

“Om dit nie te rapporteer nie, is strafbaar met vyf jaar tronkstraf of ’n boete,” sê sy.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Fanie Viljoen  |  Bloemfontein  |  Molestering  |  Boek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.