Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
’n 1 000 dingetjies in kapsules

’n Pienk valsnael (objek 87) wat by die Boeremark in Bloemfontein opgetel is, is een van die vreemdste versamelgoed in Free State Fix van die jong Vrystaatse kunstenaar Elrie Joubert.

Verskeie vreemde items is in Elrie Joubert se kunswerk Free State Fix te sien. Dit is deel van die uitstalling Betwixt and Between in die Scaena-foyer. Foto: Conrad Bornman

“Ander sal dalk weer dink die spinnekoppe is van die vreemdste objekte,” sê Elrie.

Free State Fix – 1 000 items in kapsules – het ongeveer vier maande geneem om te voltooi.

Die bymekaarmaak was vinnig, maar die katalogisering met ’n datum, beskrywing en die plek waar elke ding gekry is, was tydsaam, vertel Elrie.

Sy sê elke item kan as ’n tydskapsule gesien word wat ’n spesifieke tyd, plek en herinnering verteenwoordig.

“Op ’n meer persoonlike vlak lewer ek ook kommentaar oor hoe verslawend die versamelproses vir my is.”

Omdat Elrie haarself as ’n kunstenaar of versamelaar sien, maak die versamelingsproses ’n groot deel van haar konseptuele kuns uit.

“Die idee van dié werk het vorm begin kry ná ’n gesprek met ’n kollega wat klein plastiekhouertjies op die internet gesien het.”

Elri, ’n dosent in ontwerp en studiokuns aan die Sentrale Universiteit van Tegnologie, sê in die akademie is sy voortdurend omring van kreatiewe mense.

Dié kunswerk fokus op die Vrystaat-landskap.

“Met dié werk wou ek ondersoek instel na die soort objekte in ons omgewing. Dit is vergelykend tussen die tipies verwagte natuurobjekte in die provinsie teenoor meer stedelike objekte.”

’n Spinnekop se eksoskelet was die moeilikste om te probeer berg en sigaret-as die onmoontlikste.

Elrie se werk word tot die einde van die fees in die Scaena-foyer uitgestal.

Dit is deel van die kunsuitstalling, Betwixt and Be-tween.

“Dit is ’n voorreg om deel van die Free State Art Collective te wees en ek is baie opgewonde dat my kuns oor die land heen kan reis.”

Sy droom daarvan om haar werk uit te brei en as grondslag vir haar doktorale studie te gebruik.

Sy wil op meer akademiese reise gaan en in elke stad wat sy besoek, wil sy 1 000 objekte versamel.

“Ek hoop om in die afsienbare toekoms nóg duisende kapsules te vul!”, sê dié jong kunstenaar.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.