Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
’n Regte Recce vertel

Alexander Strachan vertel dat die Recces van ouds dikwels so goed gekamoefleer was dat dit kon gebeur dat vyandige soldate tot bo-op hulle beland het sonder om hulle op te merk.

Alexander Strachan gesels woeste oorlogstories. Foto: Conrad Bornman

Recces beweeg in die nag, vandaar ook die titel van sy boek 1 Recce: Die nag behoort aan ons. Wanneer vyandige basisse deur hulle geneutraliseer word, sou hulle deur die nag daarheen beweeg, om met dagbreek aan te val.

“Om ’n basis te hoor ontwaak, is ’n ervaring. Eers kuggies. Mense wat rondskuif. ’n Sigaret wat aangesteek word. Dan iemand wat uitgaan om te urineer. Dit kon dan gebeur dat so ’n soldaat op ’n recce in sy wegkruipplek urineer en hy vuur dan uiteraard.”

Wat hul uniforms en wapens betref was daar nie noodwendig ’n standaard nie. “Die recces het alles gedra wat nie na Suid-Afrika teruggespoor kon word nie.”

In plaas van boshoede sou hulle byvoorbeeld Kubaanse pette dra. Elke recce het toegang tot ’n stoor gehad waaruit hy wapens kon vat wat hy wou, as hy dit natuurlik wou saamdra. Dit is dus ’n wanpersepsie dat hulle slegs AK47’s gebruik het.

Destyds is hierdie geharde spesialissoldate hoofsaaklik in Angola ontplooi, maar hulle het dikwels ook saam met die Rhodesiese magte gewerk om operasies daar en in Mosambiek uit te voer. Strachan self is in albei hierdie plekke ontplooi. Dit was veral op die grens tussen Mosambiek en Rhodesië waar hulle dikwels ontplooi is op die sogenaamde “Russian front”. Dit is so genoem omdat daar so baie Russe en Oos-Duitsers ontplooi was.

“As jy in die ‘Russian front’ ontplooi is, het jy tot vyf kontakte per dag gehad. Die recces is vandat hulle geland het, gejag. En dan hardloop jy die hele dag, maar hulle het die ‘Russian front’ oorleef.”

Daar was darem ligter oomblikke ook, veral in die legendariese Fort Doppies, waar die recces gestasioneer was. Strachan vertel dat een van hulle op ’n dag R100 in R10-note ontvang het. In die kroeg gryp die basis se mak aap dit toe en gaan sit in ’n boom daarmee.

Terwyl mense van onder dreig om die aap te skiet, skeur hy toe die hele pak note sodat die flarde op almal neerreën.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.