Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vrystaat Kunstefees
Nuwe talent gesoek vir verhoë op Vrystaat Kunstefees
Jacobus Silwer is een van die talle gevestigde kunstenaars wat sy vroeë treë as sanger op die oop verhoë op die Vrystaat Kunstefees gegee het.

Die Oopverhoog en Blêrkas op die Vrystaat Kunstefees bied elke jaar ’n gulde geleentheid vir opkomende kunstenaars om saam met gevestigde instrumentaliste en sangers op te tree. Dit is ook ’n proeflopie vir voornemende kunstenaars wat die musiekbedryf wil betree.

Vanjaar is dié verhoë weer oop en veral vir nuwe talent landwyd.

Volgens Michelle Horn, die organiseerder van die Oopverhoog en Blêrkas, wil sy veral fokus op kunstenaars wat nog nie hier opgetree het nie en nooi enigeen wat sy/haar optreevaardighede wil toets om haar te kontak.

Belangstellendes kan gratis inskryf, maar word nie betaal nie. Die “betaling” is die onontbeerlike blootstelling wat jong kunstenaars op dié verhoë kry, sê Horn.

Die Vrystaat Kunstefees word vanjaar van 30 Junie tot 4 Julie in Bloemfontein gehou. Albei verhoë is op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat, die kern van die fees waar die stalletjies is en die meeste bedrywighede plaasvind.

Doen per e-pos aansoek by blerkas2020@gmail.com.

Meer oor:  Feeste  |  Musiek  |  Kunstefees  |  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.